Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 23 VAN 30

ʼn Laaste Geleentheid



Praat daarvan om op die regte plek op die regte tyd te wees! Die dief, by wyse van spreke, het op die laaste nippertjie ingekom.



Aanvanklik het beide misdadigers, wat aan weerskante van Jesus gekruisig is, deelgeneem aan die bespotting met Hom, maar een het tot sy sinne gekom en vir die ander een gesê: “Is jy nie bang vir God nie? Jy ondergaan tog dieselfde straf as hierdie man! In ons geval is dit regverdig, want ons ontvang die verdiende straf vir ons dade. Maar hierdie man het niks verkeerds gedoen nie” (Lukas 23: 40-41).



Toe het hy vir Jesus gesê : “Jesus, dink aan my wanneer U in u koninkryk kom” (vers 42).



En Jesus het hom geantwoord: “Ek verseker jou: Vandag sal jy saam met My in die paradys wees” (vers 43).



Is dit nie verbasend hoe jy iemand iets kan vertel, en hulle verstaan dit nie ... verstaan dit nie ...verstaan dit nie. Dan — eendag — begryp hulle dit. Partykeer moet ons dit sien, nie waar nie? Dit is wat met die misdadiger aan die kruis gebeur het. Die waarheid van wie Jesus regtig was, het uiteindelik tot hom deurgedring. Pilatus het ʼn bietjie gehelp. Hy het eintlik ʼn baie effektiewe evangeliese frase geskryf, in die vorm van ʼn opskrif wat bokant Jesus se kop vasgespyker was. Dit het gesê: “Dit is die Koning van die Jode” (vers 38).



Hierdie man is saam met Jesus gekruisig. Hy het dit alles ingeneem, dit alles dopgehou. Hy het die woorde van ons Here gehoor en daardie woorde het deur sy verharde hart weergalm. Toe het hy daar en dan geglo.



Twee mans het dieselfde ding gehoor en gesien en die een het geglo en die ander nie. Beide het die vlekkelose, volmaakte voorbeeld van Jesus gesien. Beide was op die punt om te sterf en het vergifnis nodig gehad. Nietemin het die een gesterf soos hy gelewe het: verhard en onveranderd.



Ter opsomming: Twee het die vlekkelose en volmaakte Jesus gesien, maar net een het sy genade aanvaar.




Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Dag 22Dag 24

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid