Leesplan inligting

Daaglikse Oordenkings met Greg LaurieVoorbeeld

Daily Devotions with Greg Laurie

DAG 21 VAN 30

Toe Die Dood Gesterf Het



"Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood" (1 Korintiërs 15:26).

Steve Jobs het in 2005 in ʼn openingstoespraak by Stanford Universiteit die volgende oor die dood gesê:



"Niemand wil doodgaan nie. Selfs mense wat hemel toe wil gaan, wil nie sterf om daar uit te kom nie. Tog is dit die bestemming wat ons almal deel. Ons sal nie daarvan ontsnap nie en dit is hoe dit moet wees, want die dood is heel moontlik die beste uitvinding in die lewe. Dit is die lewe se veranderingsagent. Dit ruim die oue uit die weg om plek te maak vir die nuwe. Jy sal geleidelik die oue word en weggeneem word. Jammer om so dramaties te wees, maar dit is heeltemal waar."



Daar is ʼn gedeeltelike waarheid in Steve Job se stelling. Hy is reg as hy sê dat die dood die bestemming is wat ons almal deel en dat niemand dit kan ontsnap nie. Ek verskil egter van sy stelling: “Die dood is heel moontlik die beste uitvinding in die lewe.” Dit is nie die beste uitvinding in die lewe nie. In der waarheid is dit die slegste. Die Bybel vertel ons selfs dat die dood nie ʼn vriend is nie. Die dood is ʼn vyand: “Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood” (1 Korintiërs 15:26).



Die dood was nooit deel van God se oorspronklike plan nie. Toe hy vir Adam en Eva in die Tuin van Eden geplaas het, het Hy vir hulle gesê om weg te bly van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad, maar toe hulle van daardie verbode vrug geëet het, het sonde die wêreld ingekom. En saam met die sonde het siekte en veroudering — en natuurlik die dood ook — ingekom. Maar wat verlore gegaan het in daardie Tuin, is by die Kruis van Golgota gekoop. Jesus het gekom om aan die kruis te sterf, om terug te koop wat verlore was. Die dood het gesterf toe Christus opgestaan het.



Ter opsomming: Die dood moes sterf — dit was nooit deel van God se oorspronklike plan nie!




Kopiereg © 2012 deur Harvest Ministries. Alle regte voorbehou.


Skrifaanhalings is geneem uit die Afrikaanse Bybel, 1983 weergawe.


Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Daily Devotions with Greg Laurie

Dertig dae van opbouende geestelike gedagtes vanuit die Woord van God, aangebied deur pastoor Greg Laurie. Met sy reguit geselstrant bring Pastoor Greg gepaste insig in die Woord en help jou om "God te ken en Hom bekend ...

More

We would like to thank Greg Laurie and Harvest Ministries for providing this devotional. For more information, please visit: www.harvest.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid