Leesplan inligting

Wanneer, Here?Voorbeeld

When, God?

DAG 1 VAN 7

GEBED:



Here, help my om die afleidings en bekommernisse van die dag eenkant te sit, en op U te fokus. 



LEES:



Wanneer God nie Aandag Skenk Nie – Deel 1



Hierdie leesplan kyk na drie verhale uit die Nuwe Testament van manne wat gevoel het asof God gedurende sekere tye in hul lewens onoplettend, onsamewerkend en laat was. Hulle leer ons dat ons deur moeilike tye kan gaan, wanneer ons ver van God af voel, en tog steeds ons geloof kan behou. 



Ons eerste verhaal begin by 'n man genaamd, koning Herodes die Grote. Hy word so genoem, nie omdat hy 'n wonderlike mens was nie, maar omdat hy 'n uitstekende bouer was. Eintlik was hy 'n baie slegte mens wat onder andere, die opdrag gegee het om al die babatjies in Bethlehem te vermoor, omdat hy gehoor het van 'n ander Koning wat gebore sou word, wat sy planne en ambisies in die wiele sou ry. 



Toe Herodes die Grote sterf, is sy koninkryk verdeel tussen twee van sy seuns: Herodes Archelaus en Herodes Antipas. Sy derde seun, Herodes Filippus, het verlief geraak op 'n susterskind, Herodias. Hulle is getroud en het 'n dogter, Salome, gehad.



Herodias is van Herodes Filippus geskei en is toe met sy broer, Herodes Antipas, getroud. Herodias word toe die koningin van Galilea. 



God stuur toe vir Johannes die Doper (Jesus se neef) na Galilea om vir die mense te preek om tot bekering te kom. Hy vertel hulle dat God iets wonderliks gaan doen en dat hulle gereed moes wees — hulle sou nie die werk van God herken met sonde in hulle lewens nie. Hy was 'n held onder die mense. 



Toe Herodias saam met die nuwe koning Herodes in die paleis gaan woon en sy vrou word, was dit teen die Joodse wet. Johannes het Herodias daaroor vermaan. Hy het reguit gesê dat sy teen God sondig omdat sy met haar man se broer in die huwelik getree het.



Hieroor het Herodias vir Johannes gehaat en sy wou hom laat doodmaak, maar haar man was bang, as hy dit doen, daar 'n opstand onder die Jode teen hom as koning sou kom.



Wat gebeur volgende? Lees hoe Markus, 'n eerste-eeuse volgeling van Jesus, hierdie gebeurtenis beskryf. 



"Vroeër het Herodes self gestuur en Johannes laat vang. Hy het hom in die tronk opgesluit op aandrang van Herodias die vrou van sy broer Filippus. Herodes het met haar getrou, en Johannes het vir hom gesê: 'U mag nie u broer se vrou vat nie'" Markus 6:17–18.



Johannes het verwys na die Ou Testamentiese wet — nie na die Romeinse of die Griekse wette nie. Hy het hulle verantwoordelik gehou volgens die Joodse wet. 



Herodias het daarna 'n wrok teen hom gekoester en wou hom laat doodmaak, maar sy kon nie, want Herodes was bang vir Johannes omdat hy besef het dat hy 'n opregte en godvresende man is. Hy het Johannes onder sy beskerming geneem en elke keer wanneer hy hom aangehoor het, was hy in 'n ernstige tweestryd. Tog het hy graag na hom geluister Markus 6:19–20.



Herodias wou nie net vir Johannes in die tronk hê nie; sy wou hom dood hê. Maar Herodes het graag Johannes die Doper uit die tronk laat kom as vermaak en het werklik na hom geluister. Herodes het geweet dat Johannes nie die dood verdien nie. Hy het ook geweet as die mense in Galilea hoor hy het hulle held laat doodmaak, dit probleme sou veroorsaak.



Johannes die Doper het dus in die tronk gebly. Hy is egter uitgestuur om Jesus se koms aan te kondig, wat hy ook gedoen het. Hy het Jesus gedoop. Hy het alles gedoen wat God van hom verwag het. Nou sit hy egter in die tronk omdat hy die regte ding gedoen het. Jesus was intussen besig om mense gesond te maak, en allerhande dinge vir vreemdelinge te doen, maar Hy het niks vir sy eie neef gedoen nie. Johannes het dus oor Jesus begin twyfel.



In môre se oordenking gee Jesus vir ons 'n plan hoe om voort te gaan wanneer ons ook verlate en ver van God af voel.



NADENKE:



Kan jy dink aan 'n tydperk in jou lewe toe dit gevoel het asof God onoplettend, onsamewerkend en laat was? Miskien voel jy nou so. Hoe beïnvloed hierdie ervaring jou geloof? 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

When, God?

Het jy al ooit gevoel asof God nie oplettend, samewerkend of betyds is nie? In hierdie 7-dag leesplan, deel Andy Stanley verhale uit die nuwe Testament oor drie manne wat gevoel het asof God nie gedurende hul tyd van noo...

More

Baie dankie aan "North Point Community Church" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://northpoint.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid