Leesplan inligting

Wanneer, Here?Voorbeeld

When, God?

DAG 3 VAN 7

GEBED:



Vader, in tydperke wat ek probleme ondervind kan ek so maklik in u goedheid en krag begin twyfel. Help my om in u liefde en sorg vir my te vertrou.



LEES:



Wanneer God Nie Saamwerk Nie — Deel 1



Vandag begin ons met die verhaal van Paulus, die man wat die evangelie buite Jerusalem en Judea die wêreld in geneem het. Paulus bring 20 jaar van sy volwasse lewe op sendingreise deur — in gebiede om die Mediterreense See tot in vyandiggesinde omgewings — om die boodskap uit te dra dat God vir Jesus na die wêreld gestuur het om vir die sonde van die mensdom te sterf. Op sy reise het Paulus skipbreuk gelei, hy is geslaan, gestenig, in die tronk gegooi en het byna verdrink. Steeds het hy God getrou gedien. 



Paulus het ongeveer drie tot vier jaar na Jesus Christus se opstanding 'n volgeling van Christus geword. Voor daardie tyd, het Paulus die kerk vervolg.



Kort nadat Paulus tot bekering gekom het, ontwikkel hy 'n fisieke kwaal (dis wat ons vermoed) wat vir hom 'n groot hindernis was en sy taak om die werk van God te doen baie bemoeilik het. Paulus begin om die Vader te vra om hierdie hindernis van hom weg te neem, maar die antwoord is: "nee". Tog belowe die Vader iets anders aan Paulus wat Hy ook aan jou en my belowe.



Ons verhaal kom uit een van Paulus se briewe wat hy aan die kerk geskryf het wat hy in Korinte gestig het. In die brief beskryf Paulus sy ervaring aan hulle. Hy sê dat God merkwaardige dinge aan hom geopenbaar het om met die res van die Christendom te deel; en dat sy hindernis juis dien om hom nederig te hou. 



In sy brief gee Paulus ons insig in wat ons kan verwag wanneer God "nee" sê.



"Daarom, sodat ek nie hoogmoedig sou wees nie, is daar vir my 'n doring in die vlees gegee, 'n boodskapper van Satan om my met vuiste te slaan" — 2 Korintiërs 12:7.



Die doring in Paulus se vlees is een of ander kwaal, 'n hindernis, wat oral met hom saam gegaan het.



Hy noem dit: "… 'n boodskapper van Satan ..." — 2 Korintiërs 12:7.



Ons weet nie of Paulus dit letterlik of figuurlik bedoel het nie. Wat dit ook al was, hierdie doring in sy vlees, was so aaklig dat dit vir hom 'n marteling was om te verduur. Sommige mense beweer dat dit epilepsie kon wees, ander vermoed dat dit malaria was, ander dink dit het iets met sy oë te doen gehad. (Ons weet dat Paulus gesukkel het met sy sig.) Paulus pleit by die Vader om vir hom te doen wat Hy vir ander mense gedoen het: om hom te genees.



"Drie maal het ek die Here gebid dat dit van my af weggeneem moet word" — 2 Korintiërs12:8.



Die marteling was so erg dat Paulus nie net vir God gevra het om dit weg te neem nie, maar hy het by Hom gepleit. God het Paulus liefgehad en het hom op merkwaardige maniere gebruik — tog het die Vader "nee" gesê. 



NADENKE:



Is daar iets (of iemand) in jou lewe wat vir jou 'n doring in die vlees is? Kan jy jou vereenselwig met Paulus wat pleit dat die doring weggeneem word? 


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

When, God?

Het jy al ooit gevoel asof God nie oplettend, samewerkend of betyds is nie? In hierdie 7-dag leesplan, deel Andy Stanley verhale uit die nuwe Testament oor drie manne wat gevoel het asof God nie gedurende hul tyd van noo...

More

Baie dankie aan "North Point Community Church" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://northpoint.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid