Leesplan inligting

Wanneer, Here?Voorbeeld

When, God?

DAG 4 VAN 7

GEBED:



Vader, rig U my voetstappe en lei my vandag op u pad. Help my om te glo dat u genade vir my genoeg is. 



LEES:



Wanneer God Nie Saamwerk Nie — Deel 2



Vandag sit ons die verhaal voort van die apostel Paulus wat in die brief aan die kerk van Korinte voorkom. Paulus deel sy ervaring van die "doring in sy vlees" — 'n hindernis wat hom pynig. Dit was so erg dat hy drie maal by die Here pleit om dit van hom weg te neem.



Vandag lees ons Jesus se reaksie.



"Sy antwoord was ..." — 2 Korintiërs 12:9.



Een van ons grootste frustrasies is wanneer ons bid en bid en niks hoor nie. In Paulus se geval, het hy wel iets gehoor, hy het 'n antwoord ontvang. Al kry jy nooit 'n spesifieke antwoord soos Paulus nie, is die antwoord wat God aan hom gee, ook op jou van toepassing. 



"Sy antwoord was: 'My genade is vir jou genoeg ...'" — 2 Korintiërs 12:9.



Jesus het nie vir Paulus gegee waarvoor hy gevra het nie, maar sy genade is genoeg. In hierdie konteks is genade eenvoudig die vermoë om een voet voor die ander een te sit, om aan te gaan al het niks om jou verander nie — om die krag en energie te kry, en om die geloof te hê om voort te gaan op die pad waarop God jou plaas.



"... My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is" — 2 Korintiërs 12:9.



Niemand van ons sal hiervoor inwillig nie, sal ons? Ons wil elkeen aan God eer bring, maar ons wil nie hê dat Hy deur ons swakhede verheerlik word nie. Ons wil elkeen eerder hê dat Hy deur ons talente verheerlik word. Ja, ons wil hê dat Hy verheerlik word deur ons geleenthede, ons krag, ons prestasies. Soms gebruik Hy dit tot sy eer, maar soms sê Hy "nee". Hy gaan verheerlik word deur jou, maar deur jou swakhede, nie jou krag nie.



Hier is 'n wenk vir jou vir die toekoms. 'n Verduideliking uit jou verlede. 'n Vertroosting vir jou huidige situasie. God kan, God het en God sal sy krag in jou swakheid volbring indien jy leer om "nee" as 'n antwoord te aanvaar.



"... Daarom sal ek baie liewer oor my swakhede roem, sodat die krag van Christus my beskutting kan wees. Daarom is ek bly oor swakhede, beledigings, ontberings, vervolging en moeilikhede ter wille van Christus, want as ek swak is, is ek sterk" — 2 Korintiërs 12:9-10.



Soms sê God "nee". Selfs wanneer God "nee" sê, sê Hy "ja" op 'n ander manier as wat ons verwag. Hy mag dalk nie jou omstandighede verander nie. Terwyl jy wag en terwyl jy bid, sal sy genade vir jou genoeg wees.



Dit is wat ons uit Paulus se verhaal leer. Dit is nie 'n gebrek aan geloof wat maak dat ons die Here vra om die doring uit ons vlees weg te neem nie, wat daardie doring ook al mag wees. Ons het die Here se toestemming, ons mag Hom vra om dit vir ons weg te neem. Ons moet tog besef dat God die gesag het om vir ons "nee" te sê. Dit is nie 'n weerspieëling van God se liefde of 'n gebrek aan liefde vir jou nie. Dit is 'n geleentheid om sy krag te midde van jou swakheid ten toon te stel. Jy kan nie God se volhoubare genade ervaar terwyl jy weerstand bied en weier om "nee" as 'n antwoord te aanvaar nie.



In die gaping tussen wat jy wil hê en wat die Here vir jou beplan, is God se krag, die genoegsame en volhoubare genade wat jou dra. Wanneer jy jou laagste punt bereik en aan die einde van jou eie krag kom, wanneer jy dink dat jy glad nie meer kan aangaan nie en jy in 'n diep donker gat vasgevang is, dan is God se genade steeds vir jou genoeg. In jou swakheid kom sy krag en almag na vore.



NADENKE:



Kan jy dink aan 'n tydperk in jou lewe waarin jy gesien het hoe God se werk volbring is deur die swakheid van die mense in jou lewe? Wat kan hulle voorbeeld jou leer omtrent jou eie geloof in tye van beproewing? 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

When, God?

Het jy al ooit gevoel asof God nie oplettend, samewerkend of betyds is nie? In hierdie 7-dag leesplan, deel Andy Stanley verhale uit die nuwe Testament oor drie manne wat gevoel het asof God nie gedurende hul tyd van noo...

More

Baie dankie aan "North Point Community Church" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://northpoint.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid