Leesplan inligting

Wanneer, Here?Voorbeeld

When, God?

DAG 5 VAN 7

GEBED:



HERE, gee my die moed om U te vertrou, veral wanneer ek nie verstaan hoe U werk nie. 



LEES:



Wanneer God Laat is — Deel 1



Ons volgende verhaal gaan oor Johannes. Hy was 'n ooggetuie van Jesus se onderrig.



"'n Man met die naam Lasarus was siek. Hy was van Betanië, die dorp waar Maria en haar suster Marta gewoon het" — Johannes 11:1.



Lasarus en sy twee susters, Marta en Maria het net 'n paar kilometer van Jerusalem af gewoon.



"Maria was die vrou wat met reukolie die Here gesalf en sy voete met haar hare afgedroog het. Dit was haar broer Lasarus wat siek was" — Johannes 11:2.



Hierdie verduideliking help mense om te verstaan na watter Maria verwys word.



"Die susters het iemand na Jesus toe gestuur om te sê: 'Here, hy vir wie U lief is, is siek'" — Johannes 11:3.



Hulle het gesien hoe Jesus mense genees en hulle wou hê dat Hy dieselfde vir hul broer Lasarus doen, die vriend vir wie Jesus lief was.



"Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: 'Hierdie siekte sal nie op die dood uitloop nie, maar op die openbaring van die wonderbaarlike mag van God, sodat die Seun van God daardeur verheerlik kan word'" — Johannes 11:4.



Siekte om God te verheerlik? Dit is 'n nuwe idee. Voordat Johannes ons verder vertel wat gebeur, sê hy:



"Jesus het vir Marta, haar suster en Lasarus liefgehad" — Johannes 11:5.



Na aanleiding van die volgende gebeure, kan mense moontlik dink dat Jesus nie vir sy vriende omgegee het nie, maar dis nie so nie.



"Nadat Hy gehoor het van Lasarus se siekte, het Hy egter nog twee dae op die plek gebly waar Hy was. Eers daarna het Hy vir sy dissipels gesê: 'Kom ons gaan terug na Judea toe'" — Johannes 11:6–7.



Toe Jesus die boodskap ontvang, wag Hy twee dae voordat Hy sê hulle moet na Judea terugkeer.



"Die dissipels sê toe vir Hom: 'Rabbi, nou die dag nog wou die Jode U stenig, en gaan U weer daarheen?'" — Johannes 11:8.



Die dissipels wil regtig nie teruggaan nie, omdat hulle vir hul eie lewens vrees. 



"Jesus het geantwoord: 'Is daar nie twaalf uur in 'n dag nie? As iemand in die dag loop, struikel hy nie, omdat hy die lig van hierdie wêreld sien. Maar as iemand in die nag loop, struikel hy, omdat hy nie die lig het nie" — Johannes 11:9–10.



Jesus praat van geleenthede. Wanneer die son skyn is daar geleentheid om dinge te doen, maar wanneer die son sak, verbeur jy daardie geleenthede. Jesus sou die aarde verlaat, daarom moes sy dissipels intussen soveel moontlik van Hom leer.  



"Hierna het Hy vir hulle gesê: 'Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.' Die dissipels sê toe vir Hom: 'Here, as hy slaap, sal hy gesond word.' Jesus het van Lasarus se dood gepraat, maar hulle het gedink Hy praat van die gewonne slaap. Toe sê Jesus vir hulle reguit: 'Lasarus is dood ..." — Johannes 11:11–14.



Jesus maak 'n geweldig ongevoelige stelling.



“… en om julle ontwil is Ek bly dat Ek nie daar was nie sodat julle in My kan glo. Maar kom ons gaan na hom toe" — Johannes 11:15.



Waarom is Hy bly dat Hy nie daar was nie? Dit was vir Jesus van sóveel belang dat ons in Hom glo, dat Hy selfs toegelaat het dat iemand sterf, sodat ons tot volle, volwasse geloof in Hom kan kom. 



"Tomas, wat ook Didimus genoem is, sê toe vir die ander dissipels: 'Kom ons gaan ook, sodat ons saam met Hom kan sterwe" — Johannes 11:16.



Ons ken almal iemand wat alles as negatief en verkeerd sien. Jesus het só 'n persoon in sy groep dissipels gehad. Tomas se siening was dat Lasarus dood is en dat die Jode nou vir Jesus en sy dissipels ook gaan stenig. 



Môre gaan ons voort met die verhaal om te sien wat gebeur wanneer Jesus en sy dissipels in Betanië aankom.



NADENKE:



Kan jy, wanneer Jesus jou roep, jou vereenselwig met die dissipels se huiwering om moontlike gevaar in die gesig te staar? Wat gee jou die moed in sulke situasies? 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

When, God?

Het jy al ooit gevoel asof God nie oplettend, samewerkend of betyds is nie? In hierdie 7-dag leesplan, deel Andy Stanley verhale uit die nuwe Testament oor drie manne wat gevoel het asof God nie gedurende hul tyd van noo...

More

Baie dankie aan "North Point Community Church" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://northpoint.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid