Leesplan inligting

Wanneer, Here?Voorbeeld

When, God?

DAG 7 VAN 7

GEBED:


Vader, ek is dankbaar dat U 'n plan vir my lewe het, selfs al verstaan ek nie waarmee U besig is nie. Ek vertrou op U.


LEES:


Wanneer God Laat is — Deel 3


Vandag maak ons klaar met die verhaal van Lasarus. Hy is dood en begrawe en uiteindelik het Jesus in Betanië aangekom. Marta het vir Jesus gevra waarom Hy nie gekom het toe Lasarus siek was nie. 


Dan kom Maria en sy het basies dieselfde gesprek met Jesus. Wanneer Jesus haar emosies sien, is Hy diep geraak. 


"Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan. Hy vra toe: 'Waar het julle hom begrawe?' Hulle het vir Hom gesê: 'Here, kom kyk'" — Johannes 11:33-34.


Johannes pen iets neer wat ons help om te verstaan: Wanneer jy deur die moeilikste tye van jou lewe gaan, is God nie afwesig nie. Hy het die vermoë om jou diepste pyn en smart te voel. 


"Jesus het gehuil" — Johannes 11:35.


Wanneer jy swaar kry, is dit asof God jou in sy arms toevou en vir jou kom sê: "Ek verstaan".


"Die Jode sê toe: 'Kyk hoe lief het hy hom gehad!'
Party van hulle het ook gesê: 'Kon hy wat die oë van die blinde man genees het, nie ook gemaak het dat hierdie man nie sterwe nie?'" — Johannes 11:36-37.


Waarom het Hy niks gedoen om dit te keer nie? 


"Jesus se gemoed het weer vol geskiet toe Hy by die graf kom. Dit was 'n rotsgraf, en daar was 'n klip voor die ingang gerol. Jesus sê toe: 'Rol die klip weg ...'" — Johannes 11:38-39.


Hulle het dit nie verwag nie. Lasarus is dan dood. 


"Jesus sê toe: 'Rol die klip weg.' Maar Marta, die suster van die oorledene, sê vir Hom: 'Here, hy ruik al, want dit is al die vierde dag'" — Johannes 11:39.


Jesus sê vir Marta wat Hy ook vandag vir jou en vir my sê: 


"Jesus sê toe vir haar: 'Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van God sien nie?'" — Johannes 11:40.


Indien jy voortgaan om een voet voor die ander te sit, indien jy voortgaan om jou lewe te leef in die geloof dat Jesus is wie Hy sê Hy is, sal jy 'n blik op sy heerlikheid kry, selfs in jou moeilikste omstandighede. 


"Hulle het toe die klip weggerol. Jesus het opgekyk boontoe en gesê: 'Vader, Ek dank U dat U My verhoor het. Ek weet dat U My altyd verhoor, maar Ek sê dit ter wille van die mense wat hier rondom staan, sodat hulle kan glo dat U My gestuur het'" — Johannes 11:41-42.


Dit het al die pyn die moeite werd gemaak sodat die mense die verbintenis tussen Jesus en God kon verstaan.


"Nadat Hy dit gesê het, roep Hy met 'n harde stem: 'Lasarus, kom uit!' Die oorledene het uitgekom. Sy hande en sy voete was nog toegedraai met grafdoeke en sy gesig toegebind met 'n kopdoek. Jesus sê toe vir die mense: 'Maak hom los dat hy kan huis toe gaan.' Baie van die Jode wat na Maria toe gekom en gesien het wat Jesus gedoen het, het tot geloof in Hom gekom" — Johannes 11:43-45.


Waarom doen God nie altyd iets in ons moeilike omstandighede nie? Soms verstaan ons nie waarom nie. As gevolg van daardie dag in Betanië, weet ons Hy kan enigiets doen. Ons weet ook dat Hy soms wag. Ons weet egter ons kan Hom vertrou, terwyl ons wag.


Indien jy aanhou om op God te vertrou ten spyte van jou moeilike omstandighede, het Hy die krag en die mag om alles tot sy eer en vir jou beswil te laat uitwerk. Dit is wat God vir ons gee om aan vas te hou te midde van die donkerste tye waarin ons, onsself mag bevind. Dit was die lig wat Hy aan die dissipels gegee het. Dit was sedertdien ook die hoop en die boodskap van die kerk.


NADENKE:


Wanneer dit lyk asof God niks in jou situasie doen nie, kan jy kyk na wat Hy buite jou wêreld doen. Wanneer dit lyk asof God nie saamwerk nie, steun op sy genade. Wanneer dit voel asof God te laat is, kyk na sy heerlikheid, want wanneer jy glo, sal jy sy heerlikheid aanskou. 


Om meer leesplanne van "North Point Community Church" te vind, klik op hierdie skakel  .


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

When, God?

Het jy al ooit gevoel asof God nie oplettend, samewerkend of betyds is nie? In hierdie 7-dag leesplan, deel Andy Stanley verhale uit die nuwe Testament oor drie manne wat gevoel het asof God nie gedurende hul tyd van noo...

More

Baie dankie aan "North Point Community Church" wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting besoek asseblief: https://northpoint.org/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid