Leesplan inligting

Die Laaste Lesse: 'n Leesplan vir die Heilige WeekVoorbeeld

The Final Lessons: A Holy Week Plan

DAG 2 VAN 10

Aanbidding



Welkom by die Heilige Week—vandag begin dit met Palmsondag en ons leer ons tweede les hoe om Christus te volg: aanbid Hom (die eerste was om ons beste te offer).



Lees Johannes 12:12-19.



Die skare was verstom oor wat Jesus vir Lasarus gedoen het. Dit is nogal interessant dat die mense nie om Jesus saamgedrom het en Hom gevra het om hulle siektes te genees nie, maar dat hulle Hom aanbid het. As gevolg van hulle verwondering kon hulle nie anders as om Hom te aanbid nie.



As jy daardie dag deel van die skare was, wat dink jy sou jou reaksie gewees het?



Ek stel my voor dat baie mense met hulle rûe na die gebeure gedraai sou wees, met iPhone in die hand om foto's of "selfies" saam met Jesus te neem, reg om te tweet dat hulle @JesusChristus gesien het, met #hosanna gemerk. Ons mag selfs ons toep 'n paar keer herlaai het om te sien wie hou daarvan dat ons vir Jesus gesien het; of dalk dat Jesus self daarvan gehou het dat ons nuus oor Hom versprei het.



Ons het die eenvoud van Jesus in ons media chaos verloor. Ons kultuur beklemtoon dat so baie dinge in die lewe, selfs ons verhouding met Jesus, net oor onsself gaan.



Hierdie skare het verstaan waaroor dit gaan. Dit gaan net oor Jesus.



Hosanna was 'n manier van lofprysing, maar ook 'n woord wat gebruik was vir verlossing, hulp of redding — om daarvoor te vra of om te verklaar dat dit hier is.



Waarvan het God jou in die verlede gered?



Waarvan moet God jou vandag red?



Kom ons sluit vandag af deur 'n moderne weergawe van Hosanna te sing. Laat die woorde wat jy sing 'n gebed wees. Terwyl jy die Hosanna sing, dink daaroor na waarvan God jou moet red; laat dit 'n dankgebed wees vir dit waarvan Hy jou reeds gered het.

Here, ons vra U: "Genees en reinig my hart. Maak my oë oop vir die onsigbare dinge. Wys my hoe om lief te hê soos U my liefgehad het. Laat my hart breek vir dieselfde dinge waarvoor u hart breek. Ek is tot beskikking van u koninkryk terwyl ek hier op aarde is, op pad na die ewigheid. Hosanna, Hosanna, Hosanna in die Hoogste."


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Final Lessons: A Holy Week Plan

Kom ons raak rustig in hierdie Heilige Week en leer oor Christus se laaste dae op aarde. Elke dag gaan ons lesse of geskenke kry waarmee Hy moeite gedoen het om vir ons te gee. Moet jy opnuut herinner word aan dit wat di...

More

Ons sê baie dankie vir Becky Kiser van Sacred Holidays wat die plan voorsien het. Vir meer inligting besoek asseblief: www.sacredholidays.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid