Tel die dae af tot by KersfeesVoorbeeld

28 Days to Christmas

DAG 3 VAN 29

Plaas 'n spesiale nagereg op die eetkamertafel en maak die deur toe of skep 'n hindernis wat toegang tot die kamer belemmer. Roep jou kinders om hulle nagereg te kom haal. Wanneer hulle daar is, laat hulle toe om te sien wat op die tafel is, maar laat hulle eers hul hande gaan was voordat hulle mag binnekom om die bederf te geniet.

Terwyl hulle die nagereg geniet, verduidelik dat sonde mense van die goedheid van God skei. Omdat God heilig is, kan Hy nie sonde verdra nie. Dit is slegs wanneer ons sonde "weggewas" is dat ons God se teenwoordigheid kan betree.

Vir nog meer, besoek http://www.thrivingfamily.com/advent

Aangaande hierdie leesplan

28 Days to Christmas

Welkom by die Thriving Family se 28-dag Advent aktiwiteitskalender! Moenie die geleentheid misloop om die ware betekenis van Kersfees te verken en as 'n gesin nader aan mekaar te kom nie! Hierdie ouer-kind aktiwiteite is geskep om jou te help om hierdie Kersseisoen op Christus te fokus!

More

Ons wil graag "Focus on the Family" en thrivingfamily.com bedank vir hierdie leesplan wat hulle beskikbaar gemaak het. Besoek thrivingfamily.com/ vir meer inligting