Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Vuil Water
Jesus het gekies om as sy eerste wonderwerk — wyn — van waswater in 'n gebruikte houer te maak. Hierdie kliphouers was waarskynlik oortrek met kieme en vuilheid, omdat elke persoon wat daardie dag na die troue toe gegaan het, hulle hande volgens gebruik daarin moes was. Hou in gedagte dat daar nog nie anti-bakteriële seep uitgevind is nie.
Jesus het aan die gaste by die troue iets ondenkbaar gegee. Hy het hulle tydelike waswater verander na 'n simbool van sy permanente, reinigende bloed. Hy het 'n houer van waswater, waaruit hulle nooit sou drink nie, verander in 'n houer van wyn wat beskryf is as baie meer genotvol as die spoggerige wyn waarvan hulle vroeër gedrink het!
Ons is God se onwaarskynlike houers. Ons is gewone mense, gevul met gewone pogings om onsself skoon en beter te maak. Maar, wanneer ons nuut gemaak word deur die genesende krag van Jesus se bloed, word ons buitengewoon! Ons word vervul en herskep deur dieselfde krag wat waswater in verruklike wyn verander het.
Josh Wren
Produksie en Verspreidingspan
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.
More