Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

'n Sleutel tot Tevredenheid
Ek wil jou iets vertel. Is jy gereed? (Haal diep asem!) Nou goed, hier kom dit: ek het 'n stryd met die tref van vergelykings. Wil jy iets anders weet? Vergelyking is die grootste vyand van tevredenheid.
Pastoor en skrywer, Steven Furtick, stel dit so: "Die rede hoekom ons met onsekerheid worstel, is omdat ons onsself agter-die-skerms vergelyk met iemand anders se hoogtepunte." In hierdie tyd van sosiale media, is dit heel maklik om te dink dat al die ander mense die beste verjaardagpartytjies hou, 'n familie het wat altyd lyk of hulle deur 'n ring getrek kan word, die perfekte hare en vel het — en selfs die perfekte beligting vir hulle foto's. Dit raak waansinnig. Miskien is ek die enigste een wat hiermee stry. Miskien, net miskien, stry jy op sekere dae saam met my.
Dus bly die vraag. Wat doen ons daaromtrent? Hoe beveg ons die tref van vergelykings? Een manier is om dankbaarheid te beoefen. Ek het opgelet toe ek 'n lys begin maak van wat ek wel het, ek nie meer so baie dink aan die dinge wat ek nie het nie. Begin om elke dag 'n paar dinge neer te skryf waaroor jy dankbaar is, prys God vir elkeen van hierdie gawes. Voor jy dit besef, sal jy agterkom dat jy meer het as wat jy gedink het.
Melissa Brown
StaffKids Span
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.
More