Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Daardie Oomblik
Ek verwys na daardie oomblik wanneer jy besef dat jy sonder Christus en sy verlossing veroordeel, gebroke en hopeloos is. Die God van die heelal het besluit om Homself as mens na die aarde toe te stuur — versoek op elke manier waarop jy ook versoek word — maar, Hy het vir ons onthalwe sondeloos gebly. Alles net sodat Hy 'n intieme verhouding met jou kan hê en om jou as 'n voorwerp vir sy heerlikheid te gebruik. Die fondament van wie jy is, berus op die feit dat jy teen 'n prys gekoop is; en die Here het jou oë oopgemaak om sy ewige en getroue goedheid te kan sien.
Dink nou aan daardie oomblik deur die lens van 'n ander persoon. Ek kan dink aan die 14 jaar wat ek God gesmeek het om my pa tot bekering te lei, en hoe ek te midde van die gebrek aan bewyse dat my gebede verhoor word, vol vrede en geduld op Christus kon wag om sy werk te doen. Dit was een van die hoogtepunte van my lewe om te sien hoe my pa daardie oomblik ervaar, en volgens God se tydsberekening.
Wanneer ek soms vergeet van daardie oomblik — en daardie oomblik van my pa — het ek verveeld geraak deur die herhaling van my bediening. Dan ignoreer ek die ander hupstootjies wat God my gee om te soek na gesigte van daardie mense wat dalk nie daardie oomblik sal hê nie, dit maak nie saak waar ons is nie. Ek verloor uit die oog dit wat my na bediening toe aangetrek het — om daardie oomblik te sien gebeur vir soveel mense as moontlik!
Ek bid dat jy vandag tyd sal afstaan om God te prys vir daardie oomblik, en dat Hy 'n selfs dieper passie in jou sal laat vlamvat om 'n leier te wees wat Hy kan gebruik om baie ander te help om ook daardie wonderlike oomblik te ervaar.
Jessica Penick
YouVersion Span
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.
More