Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Kan jy jou doel ruïneer?
God het iets in gedagte gehad toe Hy jou geskep het, of hoe? Wat gebeur as jy dit verbrou? Uitval? Halfpad handdoek ingooi? Miskien het jy besluit om jou eie ding te doen, dit het nie uitgewerk nie en nou gryp jy na strooihalms en hoop dat daar nog hoop is.
Raai wat? Daar is! God se gawes en sy roeping aan jou "trek Hy nooit terug nie" (Romeine 11:29). Jy hoef nie eens oor te begin nie. Elke liewe ding waarmee jy misluk het? "Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet" (Romeine 8:28). Elke kans wat jy gewaag het waar jy nie die kol getref het het? God sal dit hergebruik (Spreuke 19:21). Elke swakheid wat jy gedink het jy moet wegsteek? God sê: "My krag kom juis tot volle werking wanneer jy swak is" (2 Korintiërs 12:9). Sodra jy die verlede agterlaat en by Jesus bly, weet dan: "... Jesus het ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het" (Efesiërs 2:10).
Hy is besig om tree vir tree te "bepaal hoe jy loop" (Spreuke 16:9). God is 'n goeie Vader. Hy weet hoe om jou terug te bring en jou oneindig verder te neem "as wat ons bid of dink" (Efesiërs 3:20).
Bestee 'n bietjie tyd daaraan om hierdie waarhede regtig te oordink. Wat hoop jy in die geheim is God se plan vir jou?
Samatha Lowe
Inhoud Ontwikkeling Span
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.
More