Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Wie is Verantwoordelik?
Het jy al ooit gevoel of alles net van jou afhang? Miskien kyk jy na die lewe en glo dat jy uiteindelik verantwoordelik is vir alles wat in jou wêreld gebeur. Dit is egter nie al die feite nie. Dit is waar dat jy verantwoordelik is vir die gawes, vaardighede en geleenthede wat God jou gee. Om hier op te hou, is egter om God te beperk — wat van nature onbeperk is.
Toe God jou geskape het, het Hy 'n wonderlike plan in gedagte gehad, 'n plan veel groter en meer kreatief as wat jy jou ooit sou kon indink. Hy het 'n wonderlike werk begin toe Hy jou gemaak het, en Hy is steeds besig om met elke tree wat jy in jou lewe gee in jou te werk. Hy het jou geplaas waar jy is om 'n betekenisvolle invloed op die lewens van ander om jou te hê.
Jy is verantwoordelik om op Hom te vertrou en te doen waarvoor Hy jou geroep het. Jy kan van Hom leer, want Hy is verantwoordelik vir die resultate. Sy krag wat in jou aan die werk is, sal jou pogings vermenigvuldig terwyl jy Hom vertrou.
God laat nie sy werk onvoltooid nie. Eendag sal Hy dit voltooi wat Hy in en deur jou begin het; en wanneer Hy dit doen, sal die resultate baie beter wees as enige iets wat jy ooit op jou eie sou kon doen.
Amanda Sims
Church Online Span
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.
More