Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

Ask Think Imagine

DAG 19 VAN 22

Verras Deur Seëninge

As jy die finale gradeplegtigheidstoneel uit die rolprent Legally Blonde kan onthou, sal jy 'n idee kry van hoe ek my gradeplegtigheid gevisualiseer het. Dit het toe nie so gebeur nie.

Ek het in 'n teater gesit, gevul met mense wat ek nog nooit vantevore ontmoet het nie, terwyl die voorsitter van my afdeling 'n toespraak lewer oor hoekom die universiteit nie net daaroor gaan om eendag 'n werk te kry nie. Ek het in my kop die aantal mense getel wat dieselfde graad as ek suksesvol voltooi het en daarna 'n nagraadse werk losgeslaan het, maar die getal was maar skraps. "Here, hoekom het U toegelaat dat ek filmstudies gekies het?"

Om die waarheid te sê, ek was die grootste gedeelte van my gradeplegtigheid paniekerig in plaas daarvan om fees te vier. Ek was in 'n oorgangsperiode en het geen idee gehad wat vir my voorgelê het nie. Dit was angswekkend.

Ironies genoeg, het ek die verse van Spreuke 2:6-8 op my gradeplegtigheid se aankondigings laat druk, wat die kompas is om vir jou rigting aan te dui wanneer die pad vorentoe nie sigbaar is nie.

"Dit is die Here wat die wysheid gee" sodat ons altyd sal weet wat die regte ding is om te doen.
"Uit sy Mond kom kennis en begrip."
"Hy hou wag oor die pad van sy troue dienaars" wat beteken dié wat Hom volg.

Jesus sê: "Volg my." Met daardie geloofsprong kom die voorsiening van God, en ek sal nooit ophou om verras te wees oor die seëninge wat Hy sal bring nie.

Audra Blake
Filmspan

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Ask Think Imagine

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church