Leesplan inligting

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 14 VAN 29

Lees: 1 Johannes 4:7-11  

SOAP - 1 Johannes 4:10

Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.

Oordenking

As jy die grootste gebaar van liefde wil sien, kyk na die kruis. God die Vader het dít wat die kosbaarste vir Hom is, sy Seun, gegee om sy volk te red. Maar die mense vir wie God se Seun gekom het, het Hom nie liefgehad nie. Om die waarheid te sê, hulle het Hom verwerp, was onregverdig, onvolmaak, opstandig en hardkoppig. Beskryf dit ons nie ook nie?

God het sy Seun vir ons gestuur al is ons sondaars. Selfs nou, kom ons in opstand teen God, ignoreer sy Woord, gaan ons eie gang en glo met trots dat ons beter weet. Tog is Hy lief vir ons. Sy getrouheid is onwrikbaar, ongeag hoe gereeld ons Hom faal. God se liefde vir ons oorskadu elke liefdesverhaal wat ooit onder mense sal bestaan.

Gebed

Here, dankie dat U my so liefgehad het dat U u Seun gestuur het om vir my te sterf. Help my om die eindeloosheid van hierdie liefde te sien en met danksegging en aanbidding te reageer. Amen.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. ...

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid