Leesplan inligting

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 19 VAN 29

Lees: 1 Johannes 5:5-12  

SOAP - 1 Johannes 5:11–12

En die getuienis behels dít: God het ons die ewige lewe gegee, en dié lewe is deur sy Seun. Wie die Seun het, het die lewe; wie nie die Seun van God het nie, het ook nie die lewe nie.

Oordenking

In 1 Johannes 5: 11-12 vind ons 'n duidelike verklaring van hoe die ewige lewe gevind kan word. Johannes stel dit baie duidelik dat lewe slegs in die Seun van God gevind word en wie in die Seun glo, ontvang hierdie lewe. Daar is geen ander weg na die ewige lewe nie. Diegene wat hierdie getuienis verwerp, maak Hom tot leuenaar (1 Joh. 5:10). Die boodskap van verlossing was vir Johannes so belangrik dat hy baie spesifiek in sy brief was. Hy wou nie hê dat sy lesers verwar moet word nie: Glo in Jesus en jy sal gered word, jy sal lewe vind. Dit is nie 'n klein bietjie lewe nie, maar 'n lewe ten volle. Ons kan ons nie eens voorstel hoe dit sal lyk nie.

Gelukkig begin ons reeds die volheid van die lewe hier op aarde ervaar. Die werk van Jesus in ons lewens word bewys deur die feit dat Hy ons verander na sy beeld, ons vrede gee in moeilike situasies, ons help om diegene wat moeilik is om lief te hê, lief te hê en ons toelaat om vergifnis te skenk aan ander.

Gebed

Here, ek dank U dat my verlossing nie afhang van hoe goed ek is nie, maar van hoe goed U is. Dankie dat U u Seun gestuur het om namens my te sterf, en dankie dat U my die gawe van geloof gegee het, sodat ek die lewe kan verkry. Amen.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. ...

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid