Leesplan inligting

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 17 VAN 29

Lees: 1 Johannes 4:12-19  

SOAP - 1 Johannes 4:16

En ons ken die liefde wat God vir ons het, en ons glo daarin. God is liefde; wie in die liefde bly, bly in God en God bly in Hom.

Oordenking

God is liefde. Dit is nie iets wat Hy geleer het nie, of ‘n eienskap wat Hy net somtyds wys nie. Liefde is wie Hy is. Die rede waarom ons geloof het en in staat is om God lief te hê, is omdat Hy ons eerste liefgehad het. Geloof en liefde is vrugte van God wat ons gered het. Dit is waarom ons ons vyande kan liefhê en bid vir diegene wat verkeerde dinge teenoor ons doen. Dit is ‘n beeld van hoe God ons liefgehad het terwyl ons sondaars was. Dit wys dat ons verander word na die beeld van God.

As God liefde is, moet Hy sonde regverdig hanteer. Hy kan sonde nie ignoreer nie, dit sou nie liefdevol of reg wees nie. Dit is een van die ongelooflike feite van Jesus se koms na die aarde om die straf wat ons toegekom het, op Hom te neem. Deur sy Seun op te offer, het God terselfdertyd sy liefde en sy geregtigheid getoon.

Gebed

Vader, u liefde is verstommend en onverstaanbaar. Help my om te besef hoeveel U my liefhet, en help my om U lief te hê met my hele hart, verstand en siel. Amen. 

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. ...

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid