Leesplan inligting

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 13 VAN 29

Lees: 1 Johannes 4:1-6  

SOAP - 1 Johannes 4:4–5 

Julle behoort aan God, liewe kinders en het die vals profete klaar oorwin omdat Hy wat in julle is, groter is as die duiwel, wat in die wêreld is. Hulle behoort aan die wêreld, en wat hulle sê, is dus van die wêreld afkomstig, en die wêreld luister na hulle.

Oordenking

Daar is baie valsheid in die wêreld. Dit is dwaas om alles te glo wat ons hoor. Ons moet seker maak dat ons alles aan die Skrif meet om ons daarvan te vergewis dat wat ons glo, waar is. Dit geld vir die boeke wat ons lees, die preke wat ons hoor, en die filosofieë wat die wêreld verkondig. Alles moet aan God se Woord getoets word om seker te maak dat ons God met ons lewens eer.

Uit ons eie is ons nie sterk of wys genoeg om die waarheid te onderskei nie. Gelukkig hoef ons dit nie uit onsself te doen nie. God in ons laat ons die oorwinning behaal. Satan is geslepe, maar God is waarheid. Dit mag dalk lyk asof die wêreld uitgeslape en vol oorredingsvermoë is, maar God is magtiger. Net Hy is regverdig en Hy verklaar almal wat hulle geloof in Hom plaas, regverdig. 

Gebed

Here, die wêreld verheerlik sonde en probeer my oorreed om hulle sonde na te volg. Vul my met u wysheid om te kan onderskei wat reg en wat verkeerd is, en gee my die krag om vir u waarheid op te staan. Amen.

Dag 12Dag 14

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. ...

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid