Leesplan inligting

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 18 VAN 29

Lees: 1 Johannes 4:20-5:4  

SOAP - 1 Johannes 5:3

Die liefde vir God bestaan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie.

Oordenking

Hoe kan ons weet of ons God liefhet? Ons probeer soms om die antwoord te kompliseer, maar die maklikste manier om te weet, is deur die volgende vraag te beantwoord: "Kom ek sy gebooie na"?

Sonde staan in die weg en probeer ons ontspoor en ontmoedig. Satan probeer vir ons lieg deur vir ons te sê dat ons mislukkings is. Die wêreld probeer om ons op paaie te lei wat miskien aangenaam mag lyk, maar gevaarlik en verkeerd is. 

Hierdie verse in 1 Johannes herinner ons daaraan dat God se weë nie moeilik is nie. Ons het die krag van God in ons en ons het die vermoë om die sonde te oorkom en 'n regverdige lewe te lei. Ons kan sien wat reg en wat verkeerd is, en ons kan die leuens van Satan stil maak deur die waarhede van God te glo. Op die dae wanneer ons swak of broos is, kan ons troos vind in die waarheid dat God ons vergewe het. Elke dag is 'n nuwe begin in ons strewe om God lief te hê.

Gebed

Here, u gebooie is goed. Dankie dat U my met rus laat, maar my alles gee wat ek nodig het om 'n goddelike lewe te leef en U te verheerlik. Help my om al die hulp wat U my gee te onthou, en help my om te onthou om U aan te roep in my tyd van nood. Amen.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. ...

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid