Vind RusVoorbeeld

Maak Rus Jou Vriend
Rus — om te ontspan, 'n pouse te neem, asem te haal en gemaklik te wees.
Rus is 'n geskenk wat ons geneig is om te maklik eenkant toe te stoot. Lewe sonder rus is nie volhoubaar nie. Rus verfris ons liggame, gee ons die energie wat ons nodig het om God te eer en mekaar lief te hê. Om te leer rus, is 'n geestelike dissipline wat jou help om God se teenwoordigheid te geniet en jou prioriteite weer agtermekaar te kry.
God het self van die heel begin af vir ons die voorbeeld van rus gestel. Onmiddellik nadat Hy die heelal — en alles daarin — geskep het, het Hy Homself 'n dag gegee om terug te kyk op die goedheid van al die werk wat Hy sopas voltooi het.
Oordink: Wanneer laas het jy 'n bietjie stadiger beweeg, alles laat staan en ontspan? Stop. Maak jou oë toe, neem 'n paar diep asemteue en dink terug aan jou laaste paar dae.
Aangaande hierdie leesplan

Een studie na die ander vertel ons dat rus uiters belangrik is vir ons fisieke, verstandelike en emosionele gesondheid. Rus maak soveel vir God saak dat hy dit selfs een van sy gebooie gemaak het. Ons weet ons moet rus — hoekom doen ons dit dan nie? In hierdie eenvoudige 5-dag leesplan, gaan ons kyk hoekom, wanneer, waar en hoe ons moet rus, en selfs ook saam met wie.
More
Verwante Leesplanne

Beter As Normaal

Hantering van Onsekerheid

Om die Oorlog in Jou Gedagtes te Wen

Verkry Goddelike Wysheid

Vaste Geloof

Leer Ken God op 'n Nuwe Manier

Gebede uit ’n Vrou se Hart

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Wanneer Jy Skaam en Vernederd Voel
