Vind RusVoorbeeld

Mediteer oor die Skrif
Luister — om aktief betrokke te raak met gehoor, om sorgsaam aandag te skenk.
Die hele Skrif is deur God geïnspireer. Wanneer ons die Woord van God lees of daarna luister — en dan aktief oordink wat dit sê — leer ons oor 'n tydperk om God se stem te herken. Om doelgerigte tyd in die Bybel deur te bring verg dat dit 'n prioriteit gemaak word om net by Jesus te wees.
Wanneer jy die Skrif lees of daarna luister, gee dit genoeg tyd en spasie om regtig die woorde, betekenis, toon en konteks oor jou te laat spoel. YouVersion bied honderde klank weergawes van die Bybel aan, dus is dit maklik om net die speel-knoppie te druk en te luister.
Indien jy 'n Google of Amazon stem-geaktiveerde toestel het, mag jy dit dalk geniet om na Psalms te luister met YouVersion Rest. Probeer eenvoudig een van die volgende:
"Ok Google, open YouVersion Rest."
"Alexa, open YouVersion Rest."
(Jy kan ook ons YouVersion Rest Playlist op YouTube vind, en probeer gerus ons YouVersion Rest Video Collection in die Bybeltoep.)
Oordink: Hou vandag 30 minute eenkant om die Woord van God te lees of daarna te luister. Skakel jou kalender en kennisgewings gedurende daardie tydperk af. Maak notas en hou 'n joernaal van jou gedagtes.
Aangaande hierdie leesplan

Een studie na die ander vertel ons dat rus uiters belangrik is vir ons fisieke, verstandelike en emosionele gesondheid. Rus maak soveel vir God saak dat hy dit selfs een van sy gebooie gemaak het. Ons weet ons moet rus — hoekom doen ons dit dan nie? In hierdie eenvoudige 5-dag leesplan, gaan ons kyk hoekom, wanneer, waar en hoe ons moet rus, en selfs ook saam met wie.
More
Verwante Leesplanne

Die Ten Diepste Gevormde Lewe

Hoe om (Nie) die Wêreld te Red (Nie): Die Waarheid oor die Openbaring van God se Liefde aan die Mense om Jou

Die Onderstebo Koninkryk: 'n 8-dag Studie deur die Saligsprekinge

21 Dae deur Efesiërs

Lewe Veranderd: Wanneer Jy Enkellopend Is

Verlore Seun Transformasie met Kyle Idleman

Om Empatie te Betoon

Droom Groot met Bob Goff

Ervaar God as 'n Vriend
