Leesplan inligting

Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 14 VAN 43

Lees: Psalm 19:5-7, Kolossense 1:15-20

SOAP: Kolossense 1:15-16

In Hom. Deur Hom. Vir Hom. In hierdie paar kort verse maak Paulus ons bewus van Chirstus se heerskappy in alle dinge.

Hulle bou ‘n nuwe huis in ons straat. Verskeie stappe is betrokke by die proses. Eers word die argitek gehuur om die gebou te ontwerp en planne op te stel, en dan word die planne ingedien vir aanbiedinge deur kontrakteurs. As dit voltooi is, word dit deur die eienaar beset en gebruik in ooreenstemming met die beoogde planne. Ons Here is nie net die bouer van die heelal nie, maar ook die argitek en eienaar daarvan. Alle dinge is in Hom, deur Hom en vir Hom geskep!

Jesus, dankie dat U die sigbare beeld van die onsigbare God is. U is magtig en majestueus in heerlikheid. Ons aanbid U omdat U bo alle dinge is. U soewereiniteit is oor die hele skepping en al die magte. U heerskappy is ons rusplek. Amen.

Dag 13Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarne...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid