Leesplan inligting

Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 17 VAN 43

Lees: Psalm 19:8-10, Jeremia 15:16

SOAP: Psalm 19:8-10

God se woord is perfek, foutloos en volledig. In hierdie verse sien ons ses verskillende aspekte van God se woord, en ses maniere waarop die gelowige se lewe geseën word wanneer hulle dit ontvang en gehoorsaam. Ons leer die waarheid oor God wanneer ons dit wat Hy in sy woord sê, uitleef.

God het as Skepper maniere geskep vir sy skepping om te leef, maniere waarop dit die beste sal funksioneer. Israel was deeglik bewus van die wette van God wat ons in Levitikus en Deuteronomium kan lees. Hierdie wette hou verband met wat hulle geëet het, hoe hulle aangetrek het en hoe hulle rein gebly het. Terwyl gelowiges vandag nie verplig is om die Ou Testamentiese wette te onderhou nie, bly dit die waarheid dat die lewe die beste funksioneer as ons die instruksies van God nakom.

Here, dankie vir u woord. Ons staan in ontsag en erken dat dit perfek, betroubaar, regverdig, suiwer en reg is. Dankie vir die belofte dat, wanneer ons volgens u voorskrifte leef, ons lewens bewaar sal word en dat ons wysheid en insig sal verkry. Amen.

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarne...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid