Leesplan inligting

Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 18 VAN 43

Lees: 2 Timoteus 3:16-17, 2 Petrus 1:20-21

SOAP: 2 Timoteus 3:16-17

As ek daaraan dink om te oefen, gaan my gedagtes gereeld terug na my dae as ‘n atleet; naellope hardloop, gewigte optel, my liggaam verder dryf as wat ek dink moontlik is. Die wortel van die woord wat in Grieks gebruik word vir opleiding, verwys egter na die hele opleiding en opvoeding van ‘n kind. As 'n moeder kry dit vir my nou nuwe betekenis. Die doel is nie ‘n fisiese oorheersing nie, maar dit is die opbou van die hart, gees, siel en sedes van ‘n klein mensie. Dit gebeur deur aanmoediging, teregwysing en dissipline.

Paulus vertel dat die Skrif deur God geïnspireer is. In hierdie brief het hy Timoteus ook ‘n lys gegee van vier maniere waarop die Skrif nuttig sou wees in sy bediening: vir onderrig (wat reg is), vir teregwysing (wat nie reg is nie), vir regstelling (hoe om iets reg te kry), en vir opleiding in geregtigheid (hoe om reg te leef).

Vader, ons is dankbaar vir die bruikbaarheid van u Woord. Of ons nou fisiese kinders of geestelike kinders oplei, u woord is ‘n lamp vir ons voete en ‘n lig vir ons pad. Help ons om in u weë te wandel. Amen.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarne...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid