PSALMS 19:5-7

PSALMS 19:5-7 AFR83

Tog gaan daarvan 'n boodskap uit oor die hele wêreld en hulle taal bereik die uithoeke van die aarde. Vir die son is daar in die hemel 'n tent opgeslaan. As hy stralend begin om sy baan te volg, is hy soos 'n bruidegom wat uit sy slaapkamer kom. Aan die een kant van die hemel kom hy op en aan die ander kant gaan hy onder, en niks ontkom aan sy gloed nie.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid