Leesplan inligting

Nader tot GodVoorbeeld

Nader tot God

DAG 19 VAN 43

Lees: Psalm 19:8-10, Jesaja 55:8-13

SOAP: Jesaja 55:8-11

Ek bid baie keer dat God my drome en die dinge wat ek beplan het, sal laat waar word. Dit is nie verkeerd om hoop en drome te hê en selfs daarvoor te bid nie. Maar waar ons met ‘n beperkte aardse perspektief kyk, is God se uitkyk allesomvattend, duidelik en ewig. Hy is ‘n goeie God, en Hy werk vir ons beswil en vir sy doeleindes. Ons kan op Hom vertrou, want sy woord is betroubaar. 

Israel was ‘n landbougemeenskap, en geheel en al van die reën afhanklik vir hulle voedselvoorsiening. Jesaja se gebruik van beide reën en sneeu dui op die algeheelheid van God se seën. God sê dat dit Hy is wat vir hulle reën en oeste gee om hulle lewens te onderhou. As God getrou is om aan hulle fisiese lewe te gee en dit te onderhou, hoeveel te meer kan Hy aan hulle geestelike lewens groei voorsien. God het barmhartigheid en vergifnis beloof vir dié wat Hom soek, en daarom kan ons daarop staatmaak dat as ons Hom soek, Hy ons sál antwoord!

Genadige Vader, dankie dat u woord betroubaar is. U gee en onderhou nie net fisiese en geestelike lewe nie, maar U is volkome betroubaar en getrou. Dankie vir u woorde van lewe. Amen.

Dag 18Dag 20

Aangaande hierdie leesplan

Nader tot God

"Nader tot God: Leer om God se woord te bestudeer", sal jou lei deur Bybelstudiemetodes, en jou die hulpmiddels gee om jou te help groei in jou begrip van God se woord. Soos ons die belangrikheid van memorisering, waarne...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://lovegodgreatly.com/afrikaans/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid