Leesplan inligting

Die Bybel: 'n VerduidelikingVoorbeeld

The Bible: Explained

DAG 2 VAN 7

Hoe is die Bybel toepaslik, en hoekom maak dit saak? 



Al is die Bybel geskryf in 'n konteks wat baie van ons s'n verskil, is die woorde en beginsels wat ons daarin vind, vandag net so waar en nuttig as toe dit geskryf is. 



Dit is ook opmerklik dat daar steeds vele begrippe in kulture bestaan wat verband hou met die geestelike gebruike wat ons in die Skrif sien. Kyk na hierdie video vir 'n paar voorbeelde van hoe die Bybel nog steeds vandag ons wêreld beïnvloed en ontdek hoekom dit meer vryheid bring om daarvolgens te lewe as om daarsonder te lewe. 




Die Bybel bring dus vir ons bevrydende grense en tyd-beproefde waarhede om beter te lewe. Dink 'n bietjie hieroor na. Die samelewing sê dinge soos: "Wedywer! Vergelyk! Daar is nie genoeg vir almal nie! Maak dié seer wat jou seermaak. Dink aan jouself." 



Jesus sê: "Daar is genoeg vir almal. Bid vir die wat jou seermaak. Vergewe die wat dit nie verdien nie. Loop die ekstra myl vir iemand anders." 



Aanvanklik klink dit na baie werk. Dit is ook nie maklik om soos Jesus te lewe nie, maar dit is bevrydend. 



Stel jou voor jy begin vergewe. Stel jou voor jy hou op vergelyk en glo dat jy ten volle geken en aanvaar is. Stel jou 'n wêreld voor waarin almal opreg liefhet en mekaar dien. Dit is wat kan gebeur wanneer ons die Woord van God lees en dit uitleef. Dit verander lewens – en dit begin by ons eie lewe. 



Die Skrif vernuwe ons denke en help ons om meer soos Christus te word. Dit het die krag om ons breine te herbedraad en self-gesentreerde gedagtes te vervang met 'n ingesteldheid om ander eerste te plaas. 



Om die waarheid te sê, Romeine 12:2 vertel ons om verander te word deur ons denke te vernuwe, wat gebeur wanneer ons die Skrif lees. Ons lees dit nie om ingelig te word nie, maar om verander te word. 



Daar is eintlik 'n term in breinwetenskap wat na Romeine 12:2 verwys, naamlik neuroplastisiteit. Dit beteken eenvoudig dat die brein kan aanpas en verander om nuwe boodskappe in te neem wat bestaandes dan vervang. 'n Verstommende ontdekking deur wetenskaplikes en sielkundiges is dat die lees van die Skrif, gedagtes met pynlike verbintenisse met nuwe positiewe gedagtes kan vervang en kan selfs in sekere gevalle traumatiese breinbeserings gesond maak. 



Vir meer oor hoe die Bybel ons brein kan herbedraad, kyk hierna Hearing the Healing video van YouVersion. 



Bid: Vader, dankie dat U u Woord gebruik om ons van binne na buite te verander. Vernuwe my denke vandag met u waarheid. Help my om my gedagtes van hierdie wêreld te vervang met waarhede uit u Woord. Vader, help my om u waarheid in die wêreld uit te leef deur ander lief te hê soos U hulle liefhet. Dankie dat U u Woord vir ons gegee het. Help my om meer soos U te word.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

The Bible: Explained

Die Bybel is een van die invloedrykste boeke van alle tye, maar dit kan oorweldigend voorkom om te weet hoe om dit te verstaan en wat om daarmee te doen. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te ontsluit wat die Bybel i...

More

Hierdie leesplan is geskep in vennootskap met Life.Church en illumiNations vir die Share Light veldtog. Vir meer inligting, besoek asseblief www.life.church en www.sharelight2033.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid