Leesplan inligting

Die Bybel: 'n VerduidelikingVoorbeeld

The Bible: Explained

DAG 4 VAN 7

Is die Bybel geloofwaardig en betroubaar? 



Die Skrif is die geïnspireerde Woord van God. Hierin word die verhaal van God op skrif gestel, dié van sy mense en sy nimmereindigende strewe om naby dié wat Hy liefhet — jy — te wees. Selfs al kry jy nie antwoorde op elke Bybelse vraag nie, gebruik God ons soeke na antwoorde op daardie vrae om ons na Hom terug te lei. 



Hoe gaan jy dus van jou kennis van die Bybel tot waar jy dit werklik inneem en glo en jou eie maak? Wat gebeur as jy twyfel? 



Dit kan soms voel of jy elke argument afgehandel en elke twyfel besleg moet hê, maar dit werk nie altyd so nie. As jy onseker oor die Skrif is, is jy nie alleen nie, en om met daardie twyfel te worstel, kan jou eintlik nader aan God bring. Kyk hoe dit met David gebeur het — 'n man wat selfs 'n graad in Bybelse studies behaal het en tog sy geloof bevraagteken het.




God kan ons twyfel gebruik om ons geloof te verdiep. Ons sien dit in Genesis toe 'n man met die naam Jakob, in 'n fisieke worsteling met God was. God was nie vir hom kwaad nie; Hy het hom geseën. Dit werk so: God antwoord nie altyd alles wat ons wil weet nie, maar Hy antwoord alles wat ons moet weet. 



Sal jy vrae hê? Sal sommige dinge van God of sy Woord vreemd of verwarrend voorkom? Waarskynlik. Dit is egter goed om daardie vrae te hê. Bring dit na God en na ander, want Hy sal jou in jou vrae ontmoet en jou na Hom toe teruglei. 



Jy hoef ook nie die Bybel slegs blindelings te glo nie. Geloof is eintlik om te glo sonder om te sien, maar om die Bybel te vertrou is 'n kombinasie van waarheid en geloof — net soos David in die video daarvan gepraat het. 



Daar is dus geloof betrokke. Daar is egter ook antwoorde op vrae oor die Bybel wat deeglik, wetenskaplik nagevors is. Ondersoek dus albei. Bou jou geloof deur navorsing en bou jou geloof deur gebed. Daardie geestelike en praktiese kombinasie, is die sleutel om 'n geloof te ontsluit wat die toets van die tyd deurstaan. 



In Filippense word ons pragtig hieraan herinner: 



"… Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe, want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer" Filippense 2:12-13.



Ons is alleen deur God se genade gered, maar ons hou aan groei in ons geloof deur stappe te doen om God te leer ken en om meer soos Hy te word. Deur vrae te vra help dit ons om aan te hou werk aan ons geloof en te bou aan ons grondbeginsels, sodat ons in ons kennis en begrip van wie God is, kan groei. 



David se verhaal herinner ons dat die Bybel betroubaar is. Dit stel ons bekend aan die karakter van God en om dit te lees gee ons insig in die denke van Christus en help ons om Hom beter te verstaan. 



Stel jou nou voor om dit nooit te kan hoor nie. Dit is die geval vir miljoene mense oral in die wêreld. Daar is mense wat wag vir die waarheid van die Skrif in hulle eie taal. Wanneer mense die Woord van God hoor, in woorde wat hulle verstaan, besef hulle God soek na hulle en dit vorder dan van iets wat hulle weet, na iets wat hulle glo.



Dit op sigself versterk ons geloof dat die Bybel lewendig en aktief is, en daarom is dit vir ons belangrik om dit nie net te lees nie, maar om die Bybel werklik, op 'n tasbare manier, in die wêreld uit te leef. 



Bid: Vader, dankie dat U my in my twyfel ontmoet. Ek sukkel regtig met ____, en ek het u krag nodig om my te help om my ongeloof te oorkom. Bring my gedagtes meer in pas met u gedagtes en gee my 'n bonatuurlike opgewondenheid om nie net u Woord te lees nie, maar om dit met ander te deel. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

The Bible: Explained

Die Bybel is een van die invloedrykste boeke van alle tye, maar dit kan oorweldigend voorkom om te weet hoe om dit te verstaan en wat om daarmee te doen. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te ontsluit wat die Bybel i...

More

Hierdie leesplan is geskep in vennootskap met Life.Church en illumiNations vir die Share Light veldtog. Vir meer inligting, besoek asseblief www.life.church en www.sharelight2033.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid