Leesplan inligting

Die Bybel: 'n VerduidelikingVoorbeeld

The Bible: Explained

DAG 3 VAN 7

Hoe hou die Ou en Nuwe Testament verband met mekaar? 



Jy mag nog steeds baie vrae oor die Bybel hê en dis goed! Miskien het jy al probeer om die Bybel van voor tot agter deur te lees, maar jy het naby Levitikus opgehou omdat dinge vreemd begin raak het. Of miskien sien jy baie mense op Facebook wat Bybelverse gebruik om oor te argumenteer, wat jou verwar en onseker laat voel of die Bybel betroubaar is. 



Die Bybel is een verhaal oor God wat na Jesus lei. Dink daaraan asof jy na 'n rolprent kyk. As jy nie die einde ken nie en iemand praat net van een toneel in die middel, mag dit jou dalk verwar. Net so gebeur dit wanneer ons net dele van die Bybel lees en die hele verloop van die Bybel dan probeer verstaan. 



Baie mense het die siening dat God in die Ou Testament kwaad en gemeen was en in die Nuwe Testament 'n radikale 180° ommekeer gemaak het. Dit is nie so nie. God se karakter verander nooit. Kom ons dink 'n bietjie hieroor na.



'n Verbond is basies 'n wettige ooreenkoms – amper soos 'n huwelik. Wat het dit met enigiets te doen? 



Wel, as ons teruggaan na die begin, sien ons dat God die wêreld en die eerste man en vrou geskape het. Hy het hulle geskape om as sy vennote saam met Hom die wêreld te regeer, maar Adam en Eva het verbrou en die eerste sonde gepleeg. 



God is heilig, dus kan Hy Homself nie met sonde vereenselwig nie. Hy wou ons egter nog altyd verlos en naby ons wees. Verderaan in die Ou Testament sien ons dat God 'n belofte aan 'n man met die naam Abraham maak, dat hy baie nasate sal hê — een van hulle sal die Verlosser van die wêreld wees (Jesus). 



Abraham en sy nasate was nog steeds vasgevang in sonde, en hulle was almal deel van God se uitverkore mense — Israel. Die Israeliete was veronderstel om heilig te wees — afgesonder — om God se heerlikheid met die hele wêreld te deel. Hulle het egter aangehou om te sondig en het net soos die wêreld om hulle geword — niks anders as die versoekings waarvoor ons vandag te staan kom nie. 



God het dus 'n verbond met Israel gesluit wat gesê het, as hulle die Wet onderhou, waarvan daar meer as 600 wette was, sal Hy getrou wees om hulle te beskerm, vir hulle te voorsien en die wêreld deur hulle te red. Natuurlik kon die mense nie al daardie wette onderhou nie. Tog is God genadig en maak altyd 'n weg vir ons om naby Hom te wees. 



Wanneer die mense verbrou het, sou die hoëpriester 'n dier namens hulle offer, en die dier se bloed sou die mense met God versoen. Dit klink snaaks, maar onthou, die Bybel is in 'n konteks geskryf wat van ons s'n verskil. Hierdie wette was rewolusionêr vir hulle tyd en beïnvloed nog baie van die wette wat ons vandag het. 



In die Nuwe Testamentiese tye het God sy verbond met Israel vervul deur Jesus te stuur om vir ons sonde aan 'n kruis te sterf. Dit is nie die einde van die verhaal nie. Drie dae later het God vir Jesus uit die dood opgewek sodat enigeen van ons kan kies om 'n verhouding met God te hê. Jesus het ons nuwe Hoëpriester geword, die Ou Testament se verbond vervul en 'n nuwe verbond tot stand gebring: dat ons mekaar moet liefhê soos Hy ons liefhet. 



Dit is nie makliker as om al daardie wette te onderhou nie, dit is net minder gekompliseerd. God was nog altyd liefdevol, en het van die begin van alle tye af 'n plan in werking gestel om ons weer in 'n verhouding met Hom te bring. Ons sal aanhou om hierdie konsep oor die volgende paar dae te verken, maar weet net dat Jesus gister, vandag en vir ewig dieselfde is — daardie belofte behoort ons na 'n plek van aanbidding te lei.  


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

The Bible: Explained

Die Bybel is een van die invloedrykste boeke van alle tye, maar dit kan oorweldigend voorkom om te weet hoe om dit te verstaan en wat om daarmee te doen. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te ontsluit wat die Bybel i...

More

Hierdie leesplan is geskep in vennootskap met Life.Church en illumiNations vir die Share Light veldtog. Vir meer inligting, besoek asseblief www.life.church en www.sharelight2033.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid