Leesplan inligting

Die Bybel: 'n VerduidelikingVoorbeeld

The Bible: Explained

DAG 1 VAN 7

Wat is die Bybel?



Hoe omvangryk is dit om 'n Bybelleesplan oor die Bybel te hê, né? Tog kan die Bybel oorweldigend voorkom. Dit is een van die invloedrykste boeke van alle tye, maar miskien voel jy te geïntimideer om te weet waar om te begin. Jy is nie die enigste een nie, en hopelik kan hierdie leesplan die eerste stap wees wat jou sal help om die goeie nuus van die Bybel te ontdek. Hier is 'n kort video met 'n oorsig van wat die Bybel is. 




Die Bybel is deur min of meer 40 mense oor 'n lang periode geskryf. Maar wat doen jy daarmee? Hoe lees en verstaan jy dit nou eintlik? Is dit nog toepaslik? Dit is almal goeie vrae, en jy mag dalk nog baie meer hê. Dit is goed! 



Soms kom dit voor asof Christene veronderstel is om alles te verstaan, maar dit is net nie so nie. In werklikheid kan ons worsteling met hierdie vrae ons eintlik nader aan die Een met al die antwoorde bring. Dus, vertrou die proses soos jy ontdek: wat die Bybel is, waaroor dit gaan, hoe dit op jou lewe van toepassing is en hoe pragtig en belangrik dit regtig is. 



Dit is ook belangrik om op te let dat die Bybel uit 'n aantal verskillende letterkundige style bestaan. Dit is belangrik, want die manier waarop dit geskryf is, beïnvloed die manier waarop ons dit lees. Net soos jy in die skool geleer het om romans te vertolk of om verskillende skryfstyle te lees, sal jy 'n ander aanslag wil hê vir verskillende dele van die Bybel, gebaseer op wat die skrywer bedoel het.



Dele van die Bybel is digkuns en onthul die skoonheid in God se wêreld. Ander dele is verhalend — dit vertel jou bloot wat gebeur het. Sommige dele is gewone prosa — dit bied waarhede aan waarvolgens ons moet leef. 'n Groot deel bestaan uit briewe wat deur verskillende mense aan verskillende kerke geskryf is. As jy weet watter styl jy besig is om te lees, beïnvloed dit hoe jy dit uitleef en wat jy daaruit leer; hou dit dus in gedagte. 



Hier is nog 'n belangrike aanmaning oor die Bybel: Dit gaan oor God en sy mense. God keur nie alle gedrag goed nie, en 'n klomp van die karakters wat ons ontmoet is soort van, 'n deurmekaarspul. Dit is eintlik 'n bron van hoop vir ons, want dit wys ons God gebruik onvolmaakte mense soos ons vir sy volmaakte doel. 



Selfs al is die Bybel deur verskillende mense in verskillende style geskryf, is dit steeds een verhaal wat ons van God vertel. Dit vertel 'n verhaal van 'n God wat onveranderlik is en wat altyd getrou bly, ongeag hoe ontrou ons is. Dit wys ook 'n God wat oor foute genadig is. Dit beeld ook 'n God uit wat regverdig en genadig is. 



Met die eerste oogopslag kan dit verwarrend voorkom. Wanneer jy egter begin ontdek wat die Bybel is, wat dit nie is nie, en hoe om dit te lees, sal jou lewe vir ewig verander. 



Hebreërs 4:12 vertel ons dat die Bybel lewendig en aktief is — bedoelende dat die woorde daarin vandag nog net so waar is as wat dit was toe dit duisende jare gelede geskryf is. 



In 'n wêreld waar tendense dinge in 'n oomblik kan verander, is dit opvallend dat die Bybel altyd toepaslik is. 



Oor die volgende paar dae, sal ons verken hoe die Ou en Nuwe Testamente by mekaar inpas, hoe om dit te lees en wat om daarmee te doen, maar nou moet jy net weet dat God sy Woord gebruik om Homself aan sy wêreld te openbaar. Dit skets 'n pragtige prentjie van God se onbuigsame, nimmereindigende, onwrikbare liefde vir ons en die moeite wat Hy gedoen het om naby ons te wees. 



Bid: Vader, dankie dat U u Woord gebruik om ons nader aan U te bring. Help my om u Woord beter te verstaan, sodat ek U meer nougeset kan volg. Onthul vandag vir my iets nuuts, en help my om U vandag beter te leer ken as gister. 



Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

The Bible: Explained

Die Bybel is een van die invloedrykste boeke van alle tye, maar dit kan oorweldigend voorkom om te weet hoe om dit te verstaan en wat om daarmee te doen. Hierdie 7-dag leesplan sal jou help om te ontsluit wat die Bybel i...

More

Hierdie leesplan is geskep in vennootskap met Life.Church en illumiNations vir die Share Light veldtog. Vir meer inligting, besoek asseblief www.life.church en www.sharelight2033.com.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid