Leesplan inligting

Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 4 VAN 16

Die Wêreld Draai Nie Om Jou Nie

Daar is 'n ou Chinese gesegde wat sê: “Streef daarna om te verstaan voordat jy daarna streef om verstaan te word”. Die Bybel praat ook daarvan: “Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander” (Filippense 2:4).


Dit is so 'n teenkultuur-vers. Alles in ons kultuur moedig ons aan om eerste aan onsself te dink. Ons dink nie van nature eerste aan ander nie. Dis iets wat ons moet aanleer om te doen. Ons is geneig om eerste aan ons eie behoeftes, ons begeertes, ons doelwitte en ons ambisies te dink. As gevolg hiervan het ons miljoene mense wat afgesonderd leef, omdat hulle net aan hulself en nie aan ander se behoeftes dink nie.


Gedurende 'n tydsverloop van ongeveer twee ure, terwyl ek onlangs TV gekyk het, het ek drie advertensies gesien met dieselfde woorde: “Jy verdien dit”. “Koop hierdie sjampoe! Jy verdien dit”. “Koop hierdie duur motor, want jy verdien dit!" Ons word geleer dat ons die allergrootste waarde in die lewe is.


Kom ek leer jou twee baie basiese waarhede oor die lewe. Eerstens: die wêreld draai nie om jou nie. Jy is baie kosbaar in God se oë en jy is met 'n doel geskape — maar die wêreld draai nie om jou nie. As jy wil weet hoeveel jy gemis sal word, steek jou hand in 'n emmer water, haal dit uit en sien watter leemte jy laat. Dit vul baie gou weer op!


Die tweede waarheid is: God het beloof dat, as jy op ander fokus en in hul behoeftes voorsien, Hy in jou behoeftes sal voorsien. Hoekom? Omdat Hy jou wil leer om onselfsugtig te wees. Hy wil hê dat jy sal leer om liefdevol en vrygewig te wees, soos Hy is. Deel daarvan om ander se behoeftes in ag te neem, is om toegeeflik te wees vir hulle foute en om nie te verwag dat hulle perfek moet wees nie (Kolossense 3:13). Jy is nie volmaak nie, so waarom verwag jy dit van ander?


Spreuke 17:9 sê: “Wie 'n oortreding bedek, streef na liefde, ..." (AFR20). Wanneer jy probeer om 'n verbintenis met iemand te maak, hoef jy nie blind te wees vir die persoon se foute nie. Jy kies net om dit mis te kyk. Goeie vriende is goed met vergeet. Hulle vryf dit nie in nie, hulle vryf dit uit! Hulle is meer besorg oor die ander persoon se behoeftes.


Luister na vandag se klankgreep van Pastoor Rick >>


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvo...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid