Leesplan inligting

Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 7 VAN 16

Om 'n Verbintenis te Maak, Wees Toegewyd

Goeie verhoudings gebeur nie sommer net nie. Dit verg koestering, werk en baie tyd. Dit verg toewyding!


Ek kan nie al die kere tel wat ek en my vrou, Kay, gevoel het dat ons eerder ons huwelik moet beëindig nie, veral in die begin jare. Daar was so baie kere wat ons gedink het: “Dis nie die moeite werd nie. Ons is so verskillend. Hierdie huwelik kan nooit werk nie”.


Ons het egter nie geskei nie. Hoekom? Ons het 'n verbintenis aangegaan. Ons het 'n belofte gemaak — “Tot die dood ons skei” — nie net aan mekaar nie, maar ook aan God. Ons het dus gesê: “Ons gaan hierdie ooreenkoms nakom, al beteken dit ons einde.” Dit het amper ook! Daar was tye in ons huwelik dat die verbintenis die enigste ding was wat ons bymekaar gehou het — nie liefde of belangstelling nie, maar slegs die belofte wat ons aan God gemaak het. Ek is so bly dat ons nie opgegee het nie. Vandag is my vrou my beste vriend en ek kan my nie die lewe sonder haar voorstel nie.


Die Bybel sê in Spreuke 18:24: “'Maats kan jou breek, maar daar kan ook 'n vriend wees wat nader is as 'n broer."


Het jy geweet dat jou sosiale omgang jou daarvan kan weerhou om diep verhoudings te hê? Jy kan so besig wees om mense te leer ken, kontakte op te bou en gesellig te verkeer dat jy nooit die tyd of energie daaraan bestee of die moeite doen wat nodig is om 'n diep, bevredigende verhouding te ontwikkel met 'n goeie vriend, goeie vrou of goeie man nie.


Dis nie verkeerd om baie kennisse te hê nie, maar hulle kan jou so besig hou dat jy nie noodsaaklike, innige verhoudings opbou nie. Jy het nie 'n klomp vriende nodig om in hierdie wêreld te oorleef nie, maar jy het wel 'n paar goeies nodig. Jy moet fokus op kwaliteit, nie kwantiteit nie. Jou kennisse — jou honderde Facebook “vriende” en Instagram volgelinge — gaan nie noodwendig daar wees vir jou wanneer jy hulle nodig het nie. Die vriende met wie jy werklik 'n toegewyde verbintenis het, sal egter.


Elke belangrike, noue verhouding begin met 'n verbintenis. As jy meer as net vlak, oppervlakkige verhoudings wil hê, moet jy bereid wees om daarby te hou.


Luister na vandag se klankgreep van Pastoor Rick >>


Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvo...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid