Leesplan inligting

Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 5 VAN 16

Jou Mond Is 'n Kragtige Werktuig. Gebruik Dit Versigtig

God wil hê dat ons ons woorde só gebruik dat dit opbouend vir ander sal wees. Efesiërs 4:29 sê: “Vuil taal moet daar nooit uit julle mond kom nie; praat net wat goed en opbouend is volgens die eis van omstandighede, sodat dit julle hoorders ten goede kan kom."


Soms tref ons woorde soos 'n voorhamer. Ons trek daarmee weg sonder om te dink en wanneer ons weer sien, is 'n hoop rommel al wat van ons verhoudings oor is. Wanneer jy onnadenkend woorde rondgooi en mense daarmee afkraak, gaan jou verhoudinge daaronder ly.


Een van die redes waarom ons nie opbouend met ons woorde is nie, is omdat ons nie besef hoe kragtig hierdie werktuig is nie — ons mond en die woorde wat God vir ons gegee het. Ons praat sonder om te dink. Mense onthou dit. Party van die dinge wat mense so onnadenkend vir jou gesê het — selfs so ver terug as jou skooljare of universiteitsdae of toe jy die eerste keer begin werk het — onthou jy vandag nog. Dit is 'n bewys van hoeveel mag daar in woorde lê. Jy moet dus jou mond beskou as 'n kragwerktuig en baie versigtig daarmee te werk gaan.


Ek het een keer in my motorhuis ingegaan en 'n handleiding vir 'n kragsaag gegryp. Terwyl ek deur die instruksies gelees het, het dit my opgeval hoeveel dit ooreenstem met die gebruik van 'n ander kragtige werktuig wat God aan ons gegee het: ons monde. Die instruksies het gesê:


1. Ken jou kragwerktuig. 2. Hou veiligheidskerm in plek. 3. Wees versigtig naby kinders. 4. Bêre ledige gereedskap wanneer dit nie gebruik word nie. 5. Moenie ooreis nie. 6. Moet nooit in 'n plofbare atmosfeer gebruik nie.


Hoe kan jy jou mond versigtiger gebruik sodat jy dit gebruik om verhoudings te bou en nie mense af te breek nie?


1. Hou op verskonings maak. Hou op om te sê: “Ek het nie bedoel om dit te sê nie” of “Dis net daai bloedsuiker daling voor middagete”. Besef dat alles wat jy sê, mense om jou beïnvloed.


2. Praat minder. Ons is dikwels in die moeilikheid omdat ons net nooit weet wanneer om stil te bly nie. As dit 'n kragwerktuig is, hoef jy dit nie so dikwels te gebruik nie, of hoe?


3. Luister meer. As jy meer luister, kan jy mense se behoeftes beter verstaan.


4. Begin opbou. Laat jou eerste gedagte wees: “Wat het daardie persoon nodig? Hoe kan ek 'n bemoedigende woord gebruik om daardie persoon op te bou? Wat kan ek sê om 'n verskil in sy lewe te maak?”


Luister na vandag se klankgreep van Pastoor Rick >>


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvo...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid