Leesplan inligting

Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 16 VAN 16

Voer 'n Gesprek met jou Skepper

Dit het my 'n ruk geneem, maar uiteindelik het ek besef dat 'n huweliksverhouding grootliks oor kommunikasie gaan. Ek het ontdek dat die dae waarop ek 'n diep vreugdevolle gesprek met my vrou, Kay, het — nie: “Hallo. Hoe gaan dit? Ek is lief vir jou. Sien jou later,” nie — dié dae is waarop ons verhouding groei. Die dae wanneer ons min, of glad nie, kommunikeer, gaan ons verhouding agteruit. 'n Verhouding staan nooit stil nie. Dit groei of dit gaan agteruit.


Dieselfde is waar van God. Op die dae wanneer jy diep, betekenisvolle gesprekke met God het, groei julle verhouding. Op die dae wanneer jy min of geen gesprekke met God het nie, gaan julle verhouding agteruit. Dis hoe eenvoudig dit is.


Wanneer jy iemand regtig liefhet, wil jy nie slegs tyd met daardie persoon deurbring nie. Jy wil ook met daardie persoon gesels. Onthou jy toe jy die eerste keer as tiener verlief geraak het en jou ouers ongelukkig geword het omdat jy so baie tyd op die telefoon bestee het? Jy het gepraat en gepraat en gepraat, want jy was besig om daardie persoon beter te leer ken. Kommunikasie is die manier hoe 'n mens iemand anders leer ken.


Waaroor praat jy wanneer jy liefde teenoor God wil betuig? Enigiets waaroor jy met jou beste vriend sou gesels: dit waarvoor jy hoop, jou vrese, jou drome, jou angste, dinge waaroor jy verleë voel, dinge waarop jy trots is, dinge waaroor jy skaam kry, jou doelwitte, jou ambisies, jou seerkry, jou bekommernisse — elke deel van jou lewe.


Die Bybel sê in Psalm 116:1-2: “Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het."


As jy nie naby aan God voel nie, omdat jou Christelike lewe net roetine geword het — afgestomp, vreugdeloos en leweloos, — is daar 'n eenvoudige oplossing: begin om weer met God te praat.


Gebed is nie 'n plig wat jy moet nakom nie. Dis 'n voorreg wat jy mag gebruik. Jy kan met die Skepper van die heelal praat! Hy wag dat jy 'n gesprek met Hom voer sodat jou verhouding met Hom kan groei.


Luister na vandag se klankgreep met Pastoor Rick >>


Dag 15

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvo...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid