Leesplan inligting

Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 1 VAN 16

God se Genade Is vir Almal

Dit maak nie saak wie jy is en wat jy gedoen het nie, God het jou lief en Hy wil hê dat jy na Hom toe moet terugkom. Hy wil sy genade oor jou uitstort. Hy wil 'n fees vir jou voorberei wanneer jy terugkeer.


Die Bybel sê in Romeine 4:16: “Daarom het die belofte deur die geloof, en dus uit genade, tot Abraham gekom sodat dit van krag sou bly vir sy hele nageslag. En sy nageslag is nie net dié wat die wet ontvang het nie, maar ook dié wat glo, soos Abraham geglo het. Hy is immers die vader van ons almal”.


Wie is die mense wat “die wet ontvang het"? Die Joodse volk, die Israeliete, het onder die wet van Moses geleef in die Ou Testament. Hierdie vers sê dat God se genade nie slegs vir die Jode (wat die wet van Moses ontvang het), beskikbaar is nie. Dit is beskikbaar vir almal met geloof.


Dit is goeie nuus! God se genade is nie net vir die Jode nie. Dit is vir ons almal. Almal van ons kan na God toe kom op dieselfde manier: deur geloof in die genade van God deur sy Seun, Jesus Christus.


Sluit “almal” kort mense in? Ja. Beteken dit ryk mense en arm mense? Ja. Sluit dit politici en ambagsmanne in? Ja. Sluit dit mense van elke etniese agtergrond in? Ja. Beteken dit mense van elke land in die wêreld? Ja!


Dit beteken almal. Almal! God se genade is vir jou beskikbaar.


Jy sal nie kan verstaan wat dit beteken om 'n verhouding met God te hê, as jy nie genade begryp nie. Sonder genade kan jy nie 'n verhouding met God hê nie. Dit is die kern van Christenskap. Dit is die kern daarvan om 'n gelowige volgeling van Christus te wees. Onthou: dit maak nie saak wat jy gedoen het en wie jy is nie, God se genade is vir jou beskikbaar.


Luister na vandag se klankgreep van Pastoor Rick >>


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvo...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid