Leesplan inligting

Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 6 VAN 16

Moenie dat Skinderpraatjies Jou Verhoudings Vernietig nie

Ons is geneig om aan skinder te dink as een van daardie "klein" sondetjies. Wanneer God egter praat van skinder, plaas Hy dit op die lys van dinge soos onsedelikheid en moord. Hoekom? Dit is omdat dit so vernietigend vir verhoudings is. Skinder kan vriendskappe, gesinne en gemeentes uitmekaar skeur.


Skinder beteken om 'n situasie te bespreek met iemand wat nie deel van die oplossing óf die probleem is nie. As ons eerlik met onsself is, is ons eintlik net besig om onsself 'n bietjie beter te laat voel ten koste van iemand anders. Ons praat oor hul seer en hul probleme om ons te laat voel asof ons moreel bo hulle verhewe is. Dit is die gevaar en die seermaak van skinder.


Daar is 'n verhaal in die Ou Testament van 'n gesin wat probleme gehad het het as gevolg van skinder. Moses het 'n suster, Mirjam, gehad wat eendag saam met die res van die volk, vasgevang geraak het in skinderpraatjies oor Moses. Die Here het vir Moses en Mirjam na die tent van ontmoeting geroep en hulle aangespreek. Hy het aan Mirjam bekend gemaak wat sy verkeerd gedoen het en haar op die daad melaats gemaak. Jy sal dalk dink: “Dit klink verskriklik, maar ek sal tog daarvan hou as dit gebeur met die persoon wat oor my geskinder het. Miskien nie melaatsheid nie, maar 'n erge maaggriep, sodat die persoon kan voel hoe seer dit maak”.


Weet jy wat God volgende gedoen het? Hy het vir Moses toegelaat om vir Mirjam se genesing te bid — die persoon wat van hom geskinder het.


Sommige van julle is al diep seergemaak deur skinderpraatjies en dinge wat oor jou gesê is by jou werk, of deur 'n vriend of familielid wat vertroulike inligting uitgelap het. Hoor wat God vir jou sê: “Bid vir die persoon wat van jou geskinder het, sodat jy van die seer in jou lewe verlos kan word”.


Dalk was jy die een wat geskinder het. Hierdie verhaal is in die Ou Testament om ons te herinner hoe ernstig skinder is en hoe seer dit vir mense kan wees, aan watter kant daarvan jy ook al is.


Wanneer mense jou kan vertrou, stel dit jou in staat om met ander mense op produktiewe, gesonde en opregte maniere te verbind.


Spreuke 11:13 sê: “Iemand wat loop en skinder, lap geheime uit; 'n betroubare mens bewaar 'n geheim.”


Is jy die tipe persoon wat mense se geheime kan bewaar sodat hulle jou kan vertrou?


Luister na vandag se klankgreep van Pastoor Rick >>


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvo...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid