Leesplan inligting

Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 3 VAN 16

Drie Dinge Wat Vrees aan Verhoudings Doen

As jy met iemand kontak wil maak, moet jy bereid wees om die eerste stap te neem. Dit verg dikwels moed. Hoekom? Dit is vrees wat mense verhoed om kontak te maak. Wanneer ons vol vrees en angs is, kan ons nie na aan mekaar kom nie. Dan onttrek ons onsself. Ons is bang vir verwerping, manipulasie en om kwesbaar, seer en gebruik te voel. Al hierdie vrese veroorsaak dat ons van die lewe afgesonder word.


Hierdie vrees is so oud soos die mensdom. Toe Adam en Eva gesondig het en God na hulle geroep het, het Adam gesê: “Ek was bang. Ek het weggekruip.” Mense doen dit nog steeds. Ons is bang, dus kruip ons weg. Ons steek ons ware self weg. Ons wys nie vir mense hoe ons werklik is nie, want as ons onsself wys en mense hou nie van ons nie, staar ons verwerping in die gesig. Dus gee ons voor.


Vrees doen drie verskriklike dinge aan verhoudings:


1. Vrees maak ons verdedigend. Wanneer mense ons swakhede uitwys, wil ons onsself in reaksie daarop verdedig.


2. Vrees hou ons weg van ander mense. Ons laat nie mense ná aan ons toe nie. Ons onttrek. Ons steek ons emosies weg.


3. Vrees maak ons veeleisend. Hoe meer onseker ons is, hoe meer probeer ons om altyd in beheer te wees. Ons probeer om die laaste sê in 'n verhouding te hê. Ons probeer domineer.


Waar kry jy dus die moed om die eerste stap te neem om met iemand kontak te maak en na 'n dieper vlak van intimiteit te beweeg?


Jy kry dit van die Heilige Gees se teenwoordigheid in jou lewe. Die Bybel sê: “Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing” (2 Timoteus 1:7).


Hoe weet jy wanneer jy met die Heilige Gees gevul is? Jy het meer waagmoed in jou verhoudings. Jy het mense lief. Jy geniet dit om by hulle te wees. Jy is nie bang vir hulle nie, want die Gees van God is in jou lewe. Die Bybel sê “God is liefde” en “Liefde dryf alle vrees uit”. Hoe meer jy van God in jou lewe het, hoe minder vrees gaan jy in jou lewe hê.


Luister na vandag se klankgreep van Pastoor Rick >>


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvo...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid