Leesplan inligting

Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 9 VAN 16

Wat Gebeur Wanneer Jy Doen Wat Jy Weet Verkeerd Is?

Die Bybel sê in Spreuke 10:9: "Wie opreg leef, leef sonder vrees; wie krom paaie loop, word uitgevind.” Jy sal uitgevind word! Wanneer jy dus besluite neem, moet jy die toets van integriteit doen.


Die toets van jou integriteit is dat jou openbare en privaat lewe moet ooreenstem — wat in jou hart is en wat in jou lewe is, is dieselfde. Vra jouself die vraag af: “Sal ek wil hê dat almal van hierdie besluit van my moet weet?” Die waarheid is dat, wanneer dit by integriteit kom, jy dalk almal kan flous, maar jy kan nie jouself flous nie. As jy dan teen jou eie gewete oortree, moet jy daarvoor boet.


Soms weet ons dat ons die verkeerde ding gaan doen. Ons weet dat ons dit nie moet doen nie, maar dan dink ons: “Ek weet dat ek die verkeerde ding gaan doen, maar ek gaan dit doen, want ek weet dat God 'n vergewensgesinde God is.”


Dink jy dat God dwaas is? Dink jy dat jy iets kan doen wat Hy sê verkeerd is en dat jy nie nagevolge in jou lewe gaan hê nie? Dit is juis die rede waarom Hy nie wil hê dat jy daardie besluit moet neem nie — omdat Hy jou liefhet en nie omdat Hy jou van pret wil weerhou nie. Hy weet dat elke besluit gevolge dra. Hy weet dat elke slegte besluit letsels in jou lewe los. Hy het iets beter vir jou in gedagte.


Beteken dit dat God ons nie vergewe vir die verkeerde dinge wat ons doen nie? Natuurlik vergewe Hy ons. Hy is 'n genadige God vol vergifnis. Daardie vergifnis vrywaar ons egter nie van die pyn en die nagevolge van ons slegte besluite nie. Jy kan vergifnis ontvang en nog steeds spyt ervaar. Jy kan vergifnis ontvang en steeds pyn beleef. Jy kan vergifnis ontvang en steeds 'n gebroke verhouding hê. Jy kan vergewe word en steeds belonings kwyt wees.


Romeine 14:14b sê: “Maar as iemand iets as onrein beskou — vir hom is dit dan onrein." Hierdie teksvers sê eenvoudig dat wanneer jy twyfel, moet dan nie. Dit is 'n oortreding van die integriteitstoets. Enigiets in ons lewens wat nie uit geloof kom nie, is sonde.


Luister na vandag se klankgreep deur Pastoor Rick >>


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvo...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid