Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 5 VAN 7

Die Simptoom van Verstopte Ore


Adam en Eva het God intiem geken! Hulle nageslag het God ook geken of ten minste van Hom geweet. Oor die jare heen het die meeste mense opgehou om God te dank en Hom as hulle bron te erken. Sonde het toegeneem.



Die meeste sonde is net simptome van 'n diep gewortelde sonde: die sonde wat plaasvind as jy na leuens luister in plaas van God se waarheid. Wanneer ons ophou om God as die Gewer van alle goeie dinge te erken, is ons verblind. Ons dink nie meer helder nie. Ons wil nie meer na die waarheid luister nie. Romeine 1 verduidelik hierdie situasie.



Hier is iets insiggewends: as ons weier om na die waarheid te luister, verwerp ons God. Ons as Christene moet natuurlik die Woord van God as die waarheid aanvaar. Dit impliseer egter dat ons, ons ore moet oophou om valse leringe te verwerp en ingestel moet wees om God se stem te hoor.



Dit is so dat mense wat die waarheid verwerp, ander ook insleep en bedrieg, soos wat ons sien in vandag se Skrifgedeelte in Genesis. Dink na oor die volgende vrae: Wie word benadeel as jy nie na God luister nie? Jou eggenoot? Jou vriende? Jou werkgewer? Jou kinders? Dalk 'n totale vreemdeling vir wie jy van God moes vertel?



Ek dink ek moet nou ophou skryf sodat jy biddend na God kan luister.



Vra die Vader: Sal U asseblief vir my enige leuens wat ek tans glo uitwys?



Vandag se voorstel vir 'n aanbiddingslied: “No Other Name” deur Hillsong Worship




Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Amy Groeschel het hierdie 7-dag leesplan geskryf, met die hoop dat mense dit as 'n boodskap uit die liefdevolle hart van die Vader self sal ervaar. Haar gebed is dat dit jou sal leer om die gedruis om jou af te skakel en...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid