Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 1 VAN 7

Om God se Stem te Hoor


Net soos Job, wil ek God se woorde in my hart bewaar en smag na sy leiding, net soos ek daagliks na kos smag! Wil jy ook? Net soos die Skrifgedeelte in Jesaja ons leer, wil ek die stem van God hoor wat vir my rigting aandui.


Hoe hoor ek sy stem? Praat Hy regtig met mense? Hou moed; God kan goed kommunikeer! Hy het die gawe van kommunikasie geskep. Dit beteken dat Hy wel met ons praat, en ons het die vermoë om Hom te hoor en op sy stem te reageer. Siende dat God nog steeds met ons praat, moet ons alles in ons vermoë doen om sy stem te hoor en daarna te luister! Die kuns om te luister is baie nodig, tog is daar 'n tekort aan ware kommunikasie.


Kom ons kyk eers na sommige maniere waarop God met ons praat.


God praat met ons deur sy Woord. God het alreeds baie van sy wil en plan vir ons deur sy Woord geopenbaar. Wanneer ons tyd inruim om sy Woord te lees, sal ons direk van Hom hoor.


God praat deur fluisteringe. Hy praat gereeld sagkens met ons gees, gee vir ons drome en visioene en/of lei ons deur omstandighede. Hy rig ook ons gedagtes om by sy plan vir ons lewens in te skakel.


God praat deur sy mense. Soms sal God ander Christene gebruik om sy hart aan ons te openbaar. Dit kan in die vorm van bemoediging, vermaning of leiding wees.


My gebed is dat hierdie kort, 7-dag leesplan uit die Vaderhart, jou sal leer om die geraas om jou te vermy en op sy stem te fokus. Mag Hy jou hart aanraak.


Vra die Vader: Wat behoort ek te doen om 'n beter luisteraar te word?


Vandag se voorstel vir 'n aanbiddingslied: "Yield My Heart" deur Kim Walker-Smith


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Amy Groeschel het hierdie 7-dag leesplan geskryf, met die hoop dat mense dit as 'n boodskap uit die liefdevolle hart van die Vader self sal ervaar. Haar gebed is dat dit jou sal leer om die gedruis om jou af te skakel en...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid