Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 6 VAN 7

Die Gevaar van die Vreemdeling



Baie mense in die liggaam van Christus het toenemend kwesbaar geword vir die misleiding van die vreemdeling se stem. Om na God se stem te luister word 'n uitdaging weens kompeterende, goddelose geselsies. Die tragedie is dat God se karakter betwyfel word en die waarheid wat Hy ons in sy Woord leer.


Ons sien dat die oorsprong van hierdie probleem by die tuinbewoner, Eva ontstaan het.


En ek wonder.

Waarom het Eva hoegenaamd na die slang se skelm praatjies geluister?

Waarom het sy nie besef dat dit die stem van die vreemdeling was nie?


Ek wonder. Hoe goed het Eva vir God, haar Herder, werklik geken? Dit lyk of sy so maklik oortuig was deur die vyand se leuens.

Waarom was Eva onmiddellik goedgelowig?



Alhoewel Eva die waarheid geken het, glo ek dat sy nie stewig in die waarheid gewortel was nie. Sy het geweet wat God "gesê" het, maar het nooit ten volle begryp wie Hy was nie — ten volle betroubaar en goed. Sy het nie verstaan dat Hy nooit enige goeie dinge van haar sou weerhou nie.



Voordat sy die verbode vrug geëet het, was sy onbewus van kwaad, onbewus van leuens en onbewus dat sy mislei kon word om haar Vader nie te gehoorsaam nie.



Dit is egter nie die geval met ons nie! Ons is nie onbewus nie! Prys God! Ons het die Woord van God as ons waarheidsgids, die Heilige Gees (die Gees van Waarheid) as ons Raadgewer en Christus Jesus as ons Verlosser en Advokaat!



Tog, net soos Eva, word ons ook ingetrek om te luister na die vreemdeling se leuens. Waarom?



Een rede is dat ons te dikwels die vyand se leuens deur middel van ons eie "vermaak" koester. Ons gemeenskappe is oorgeneem deur TV, internet, flieks, boeke en tydskrifte wat heel dikwels ontneem is van God se stem. Nogtans sal ons ure bestee met hierdie goddelose, leuenagtige stemme, terwyl dit ons gedagtes en harte sensitiseer, besoedel en nie behoorlik voed met die lewende, aktiewe en inspirerende Woord van God nie!



Ons moet ons Herder ken! Sy groen weivelde moet ons voed. Ons moet nader aan Hom kom om sy stem te kan volg.



Moenie môre se laaste oordenking misloop nie. Ons gaan afsluit met waardevolle insig oor hoe "Om die Herder te leer ken!"



Vra die Vader: Luister ek na ander stemme wat nie van U of oor U is nie?



Vandag se voorstel vir 'n aanbiddingslied: "My Heart Is Yours" deur Kristian Stanfill.




Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Amy Groeschel het hierdie 7-dag leesplan geskryf, met die hoop dat mense dit as 'n boodskap uit die liefdevolle hart van die Vader self sal ervaar. Haar gebed is dat dit jou sal leer om die gedruis om jou af te skakel en...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid