Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 2 VAN 7

Aandag asseblief!


Jy kan hoor en jy kan luister.
Om te hoor is die vermoë om klanke of inligting waar te neem.
Om te luister is die vermoë om aandag te gee aan klanke of inligting.


Vandag se Skrifgedeelte uit Jeremia is tragies, maar nie ongewoon nie. Hierdie gebeure in die Ou Testament is 'n waarskuwing van die gevaar wat dit vir ons inhou as ons nie op God se stem reageer met ons hele hart, siel en krag nie. Hoekom? As ons nie aandag gee aan God en sy weë nie, is ons op die verkeerde pad; ons boer dan agteruit en nie vooruit nie. So dikwels lei hierdie verkeerde paaie ons op 'n vernietigende pad.


Die sondebok is gewoonlik 'n onskuldige lokmiddel soos 'n vol program, kinders grootmaak, 'n soeke na eer, of selfs elektroniese toerusting met 'n klomp vermaak!


Ek weet dat my ses kinders baie goed kan hoor, maar heel dikwels luister hulle glad nie! Soms is dit net my kodewoord, "roomys", wat hulle aandag kan trek. Hulle sal dadelik reageer: "Regtig, Ma?" Dan sê ek: "Nee, ek wou net julle aandag trek!"


Ek kan egter ook 'n passiewe luisteraar wees wanneer ek op my slimfoon konsentreer, eerder as op my gesin. "Hoe sê jy nou, liefie?"


Ons lag dalk vir hierdie tipiese omstandighede, maar dit is nie aanvaarbaar nie. Jy eer dan nie jou mense nie. As jy God ignoreer, leef jy in rebellie en waardeer jy God nie vir wie Hy is nie.


As ons die hemelse Vader voluit gaan volg, moet ons aandag gee aan sy boodskappe! Ons moet onthou dat Hy op verskillende maniere met ons kommunikeer: sy Woord, 'n mede-gelowige se raad, 'n leesplan, 'n droom of visioen, 'n fluistering of 'n malende gedagte. God se maniere van kommunikasie is veelvuldig, want Hy is 'n GROOT God en is by uitstek 'n kommunikeerder wat gedurig met jou wil kommunikeer!



Vra die Vader: Wat lei my aandag af sodat ek nie U stem hoor nie?



Vandag se voorstel vir 'n aanbiddingslied: “First” deur Lauren Daigle.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Amy Groeschel het hierdie 7-dag leesplan geskryf, met die hoop dat mense dit as 'n boodskap uit die liefdevolle hart van die Vader self sal ervaar. Haar gebed is dat dit jou sal leer om die gedruis om jou af te skakel en...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid