Leesplan inligting

Om na God te LuisterVoorbeeld

Listening To God

DAG 3 VAN 7

Wie dien op jou komitee van Geestelike Raadgewers?


God praat dikwels met jou oor sy wil en wysheid, deur ander gelowiges! Ek kan nie eers meer onthou hoeveel keer God ander Christene gebruik het om 'n boodskap aan my oor te dra nie! Ek hoor sy fluisteringe deur middel van my predikante, my vriende, my kinders, 'n webblad of iemand in my selgroep. Ek beskou selfs 'n paar mense as my Geestelike Raadgewers. Hulle sluit die volgende in: my wederhelf, 'n mentor, 'n gebedsvriend, 'n vriend en my ouers.


Wat van jou? Luister en soek jy na die raad van ander gelowiges wat jy respekteer? Dit is noodsaaklik vir jou persoonlike geloofsreis om in kontak te bly met ander Christene, veral dié wat groei en in die Woord van God gewortel is.


Dit is egter nie genoeg om net na hulle te luister nie. Pas jy dikwels die raad en wysheid wat jy kry in die praktyk toe?


Wees slim en bly betrokke in die Christengemeenskap! Luister na jou geestelike familie. Ons het hulle nodig en hulle het jou nodig. Vandag se Skrifgedeelte, Spreuke 18:2, sê vir ons dat dit nie goed is om beterweterig te wees nie.


Ek persoonlik wil nie speletjies speel nie. Ek het hulp nodig. Ek het wysheid nodig. Ek moet kies om nederig en leerbaar te bly, sodat ek God se leiding en vermaning kan hoor as Hy met my deur ander Christene praat.


Vra die Vader: Wie moet op my Geestelike Komitee van Raadgewers dien?


Vandag se voorstel vir 'n aanbiddingslied: “Set a Fire” deur Will Reagan en United Pursuit.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Listening To God

Amy Groeschel het hierdie 7-dag leesplan geskryf, met die hoop dat mense dit as 'n boodskap uit die liefdevolle hart van die Vader self sal ervaar. Haar gebed is dat dit jou sal leer om die gedruis om jou af te skakel en...

More

Baie dankie aan Life.Church vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: www.life.church

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid