Leesplan inligting

Lesse Uit My TuinVoorbeeld

Lessons From My Garden

DAG 12 VAN 12

Verlustig


Dit is nie alles net werk wanneer ek deur my tuin stap nie. Dikwels loop ek stadig deur die rye en bewonder die groeiende plante en die prag van die blomme. Ek stop om die soet geur van 'n blom te geniet en neem 'n foto van 'n lieflike naaldekoker. Ek glimlag wanneer ek 'n klein murgpampoentjie opmerk en draai om om 'n fladderende skoenlapper te bewonder. Ek staan tyd af om my te verlustig in die vrug van my arbeid — my skepping — dit te eer en te geniet. 


Net so verlustig jou Skepper Hom in jou, sy skepping! Hy aanvaar jou nie bloot of verdra jou net omdat Hy moet nie. God se genade en liefde teenoor jou is ten volle doelbewus, ook sy aandag en Hy verlustig Hom in jou! Hy vier jou. Hy prys jou en geniet jou omdat jy Syne is. 


As ons verstaan hoeveel Hy ons vier, moet ons reaksie 'n wedersydse uitruil van buitensporige liefde en vreugde in ons Vader wees — om ons in Hom te verlustig, Hom te aanbid en te prys en tyd met Hom deur te bring. 


Dink hieroor na: alle ware genot breek spontaan uit in lofprysing. Toe jou kind sy eerste treë gegee het, het jy geskree: “Goeie werk! Mooi so!” Wanneer jou span wen, vier jy dit luidkeels. Wanneer my kleinkinders by my is, glimlag ek van genot of lag hardop vir hul skreeusnaakse manewales. Soos C.S. Lewis sê: "... die genot is onvolledig totdat dit uitgedruk word.” Lofprysing is die afronding — die natuurlike reaksie op die vreugde wat ons ervaar — of dit in die pragtige blomme of in die wonderlike genade van Jesus is. 


Ons verstaan dalk die begrip om jou te verlustig in Hom, tog word dit dikwels as 'n verkwisting van jou tyd beskou om moeite te doen om ons Skepper met aanbidding en lofprysing te verheerlik. Baie keer sien ons nie die doel of die effek van aanbidding nie, want ons hou daarvan om tasbare vordering van ons pogings te meet teen maatstawwe en doelwitte. 


Jesus se dissipels het in Matteus 26:6-10 hulle menings oor die verkwisting van aanbidding gelug. Hierdie gedeelte bied 'n aangrypende verhaal van die belangrikheid van "oordadige toewyding" toe 'n vrou die voete van Jesus met haar trane was, dit met haar hare afdroog en Hom salf terwyl sy "'n albaste fles baie kosbare reukolie" oor Hom uitgiet as 'n offer van haar aanbidding. 


Deur hierdie voorbeeld te volg, word die werklike waarde van ons aanbidding slegs gemeet in wat ons bereid is om te bied in reaksie op sy buitensporige liefde vir ons — ons tyd, moeite, nederigheid en oorgawe — met ons hele hart, siel en liggaam — alles, 100%.


Daarbenewens en belangrik, is aanbidding oorlogvoering. Ons uitdrukking van dankbaarheid en lof aan Jesus verdryf donker gedagtes en buie. Om Hom te eer en te aanbid word 'n "vat so!"-houding wat bose en bedrieglike geeste wegstoot terwyl ons hulle, en ons vrese, herinner dat ons Vader 'n oorwinnaar is. Dat Hy sonde en dood oorwin het. Dat ons sy uitverkore kinders is wat saam met Hom in hemelse plekke gaan regeer.  


Mag ons die ontsaglike waarde van lofprysing en aanbidding aan ons Koning leer verstaan. Mag ons Hom sien in die wonderwerke en in die alledaagse, ons in Hom verlustig met uitroepe van lof. Mag ons ons harte uitstort in aanbidding en oorgawe vir alles wat Hy vir ons doen. 


Verlustig jy jou in Hom? Leef jy 'n lewe van aanbidding, lofprysing en oorgawe?


Hy verlustig Hom in jou en nooi jou om 'n heerlike, vervulde lewe in sy liefdevolle teenwoordigheid te ervaar, om daagliks met Hom te wandel en met Hom te praat.


In tuinmaak en in die lewe, is toewyding, doelgerigtheid en moeite nodig om gesonde groei te ervaar. Op hul eie gelaat sonder voortdurende versorging, sal elkeen na hul oorspronklike aard terugkeer. Wanneer daar egter baie lig, water en aandag gegee word, kan jy seker wees van 'n pragtige uitkoms en 'n oes ryk genoeg om met ander te deel. 


Maak kontak met Robin op Instagram of manymeadows@gmail.com


 Ons hoop hierdie leesplan het jou bemoedig. Verken ander hulpbronne in YouVersion  


Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Lessons From My Garden

Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid