Leesplan inligting

Lesse Uit My TuinVoorbeeld

Lessons From My Garden

DAG 11 VAN 12

Oes 



Oestyd. Die heel beste tyd! Oes is die insamel van belonings van al die weke en soms maande van onkruid uittrek, natlei en wag. Meestal wag.



Groei neem tyd. 



Ons wil almal bewyse van ons pogings sien — in kinders grootmaak, in huweliksverhoudings, in besigheid. Baie keer is ons so betrokke in die gejaagdheid van die lewe dat ons ons geen vrugbaarheid kan voorstel nie. Die vordering lyk so stadig en ons raak verlore in die gewag. In die lewe, net soos in tuinmaak, kom die oes baie later as die plantery. 



In my tuin wag ek vir die saad om te ontkiem. Ek wag vir die wortels om te ontwikkel. Vir baie weke en maande is al wat ek sien 'n groen plant. In hierdie tydperk is my tuin onvolwasse en lyk dikwels teleurstellend en hopeloos. Tog, by nadere ondersoek, kan ek die klein bewyse sien van vrugte wat op pad is. Ek sal dalk op my knieë moet gaan om hulle te sien, maar die klein blommetjies wat komkommers, soetrissies of groenbone gaan word, is reeds daar. 



So is dit met jou tiener, of jou huwelik, of jou kollegas by die werk, of jou stadig-groeiende onderneming. God werk altyd tot jou voordeel, selfs wanneer jy nog geen bewyse of volwasse vrugte sien nie. Om op 'n oes te wag, verg baie geduld en uithouvermoë. Dit verg lang tye op jou knieë. Dit verg van jou om hoop lewend te hou en geloof om te glo dat God in die wagtydperk werk. Die saad wat jy geplant en versorg het sal goeie vrugte dra, die tydlyn pas dalk net nie in by jou eie verwagtinge nie. 



Intussen kan jy in jou alledaagse lewe, te midde van al jou trane, vrese en pogings, mooi kyk en Hom vra vir 'n blik op sy nabyheid. Hy is by jou terwyl jy volhard, in jou vasberadenheid, in jou getrouheid, en selfs in jou mislukkings. Op die een of ander manier, laat Hy alles ten goede meewerk, selfs wanneer dit nie moontlik lyk nie. 



Vervaag jou hoop? In tuinmaak en in die lewe kan die elemente straf wees. Selfs wanneer die swaar reëns kom en klippe, stokke en rommel in jou tuin en in jou lewe inspoel, moet jy nie moed verloor nie! Dalk moet jy net weer die grond bewerk en weer saai. 



’n Vrugbare tydperk is vir jou op pad en die oes sal die moeite werd wees. Glo dit!


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Lessons From My Garden

Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid