Leesplan inligting

Lesse Uit My TuinVoorbeeld

Lessons From My Garden

DAG 10 VAN 12

God Laat Niks Vermors Nie



In my tuin het ek 'n komposhoop. Dit is 'n spesifieke plek waar gesnyde gras, blare wat afgeval het, kombuisafval van groente- en vrugte voorbereiding, oorblyfsels van gemaalde koffie, eierdoppe, en selfs die kaggel se as, word gereeld versamel en in 'n hoop gestort. 



Na etlike maande gaan al daardie afval deur 'n wonderlike proses. Daardie appelstronke, verrotte tamaties, en pap seldery — al daardie nuttelose stukkies — ontbind en disintegreer tot donker, leemagtige kunsmisgrond. Wat 'n transformasie! 



Ek onthou een jaar, voordat ek daardie ryk grond na my tuin kon karwei, het 'n welige plant met diepgroen blare begin uitloop. Nuuskierigheid het van my die oorhand gekry, dus het ek dit in die komposhoop gelos toe ek die eerste blare van 'n spanspek of skorsie herken. Daar het spoedig baie meer groot, groen blare uit die plant gegroei en daarna heldergeel blomme wat uiteindelik in 'n groot rankplant met geen siekte- of insekskade ontwikkel het. Kort voor lank het daardie geel blomme verander in klein skorsies wat aanhou groei en floreer het. Uit daardie een rankplant wat uit 'n hoop afval gegroei het, het ek dertien groot botterskorsies geoes!



Wat 'n les is dit nie vir ons nie. Ons versameling teleurstellings en spyt, ons verkeerde keuses en slegte besluite, al die afval van ons skuld en skande, het Jesus op Hom geneem! Die gewig van ons sonde is aan sy kruis vasgespyker en het nie meer mag oor ons nie. Deur die oorwinning van sy opstanding bied Hy ons 'n wonderlike herskepping — van die dood na 'n ryk en vrugbare lewe. Ons het 'n nuwe begin, 'n nuwe verhaal gekry!



Jy is nie die rommel van jou verlede nie. Jy is nie die afvalhoop van jou probleme nie. Jy is volkome nuut en herskep as 'n skepping in Christus, en in sy goedhartigheid bied Hy ons elke môre nuwe genade! 



Word jy teruggehou deur die pyn van jou verlede of is jy in goeie grond geplant? Jy moet besluit. 



Staan op uit jou afvalhoop van spyt! Jou God vermors niks nie! Watter goeie vrugte laat Hy uit die "rommelhoop" van jou lewe groei?


Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Lessons From My Garden

Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid