Leesplan inligting

Lesse Uit My TuinVoorbeeld

Lessons From My Garden

DAG 8 VAN 12

Herstel



In die donker ure van die nag knaag en kou die vernietiger wat die welige groei van die tamatieplant verteer. Teen die oggend is baie van die boonste blare tot kaal stamme afgekou. Teen die tyd dat ek dit ontdek, is selfs van die groot, onryp vrugte geëet en verniel. Soveel skade is aangerig dat dit onherstelbaar lyk en ek is teleurgesteld. Só is die verwoesting wat 'n lelike tamatiehoringwurm agterlaat. 



Ek pluk vinnig daardie groot, walglike wurm (met handskoene aan) van die tamatieplant af, en trap dit fyn met my voet. So grillerig!



Die vyand van ons harte is ook 'n vernietiger. Die duiwel kom om nederlaag, moedeloosheid en verwoesting te saai. Hy kom steel ons vreugde, maak ons ​​hoop dood en vernietig ons geloof. Op die pad van sy vernietiging word ons kaalgestroop agtergelaat, en dit voel asof ons afgekou en verklein is tot kaal stamme.



Hierin kom die mooie egter oor die verwoesting van daardie vieslike horingwurm na vore. Wat hierdie lelike kreatuur as chaos en vernietiging bedoel het, het eintlik die plant gesnoei om meer uitbundige groei te skep! Natuurlik het dit langer geneem en aandag geverg — gereelde natmaak en voeding, oorvloedige sonlig, en baie wag gedurende die lang proses om weer te groei. Toe die ander plante hul blomme en vrugte reeds gedra het, het hierdie plant floreer met nuwe groei. Die verlatenheid wat na die vernietiging van die aanvanklike groei oorgebly het, het veroorsaak dat die wortels nog dieper groei en hierdie plant het tot in die laat herfs steeds tamaties gedra! 



Wat jou vyand as kwaad en vernietiging in jou lewe bedoel — al die wanorde en hartseer — sal God altyd ten goede gebruik, want Hy is goed. Wanneer moeilike tye kom, wanneer verwoesting oorbly in die nadraai van pynlike omstandighede, wanneer moedeloosheid intree en jou finansies opdroog, wanneer jy gereed is om tou op te gooi, is dit juis die tyd wat jy moet deurdruk en by Hom moet bly. 



Dalk is jou hart gesnoei omdat dit presies is waar God jou wil hê om nog meer in die toekoms te kan produseer. Dalk het jy nou meer voeding nodig — die water van sy Woord, die lig van sy teenwoordigheid, die vermoë om te wag, en hoop om te verwag dat Hy besig is om te werk, al sien jy dit nie. 



Hy is die God van verlossing, herstel en opstanding en Hy “snoei” jou terwyl jy wag. Voed jy jou wortels goed terwyl jy wag?


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Lessons From My Garden

Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid