Leesplan inligting

Lesse Uit My TuinVoorbeeld

Lessons From My Garden

DAG 9 VAN 12

Klein Groen Slangetjie



Baie jare gelede het ek 'n heining met groenbone geplant. Die ranke het welig gegroei en die groenbone was volop. Met my mandjie in die hand sou ek al langs die ry afloop en groenbone van die ranke pluk, die een na die ander. Eendag het ek 'n “boontjie” gepluk wat nie 'n boontjie was nie! Dit was 'n klein groen tuinslangetjie! O, jy moes my gil gehoor het toe ek daardie slang oor my skouer gooi! Ek het vinnig my oes bymekaargemaak en uit die tuin gevlug, diep asemgehaal en probeer om my hartklop te laat bedaar. 



'n Netelige situasie het my in die gesig gestaar. In die hitte van die somer moet groenbone daagliks geoes word, anders word hulle groot en taai. As dit nie gereeld gepluk word nie, sal dit begin saad skiet en ophou produseer. Dus moes ek myself moed inpraat om 'n groot meisie te wees, om dapper genoeg te wees om die volgende dag terug te gaan en groenbone te gaan pluk. Daardie slang sou tog seker al weg wees! 



Ek het stadig nader gegaan ... versigtig in die ranke geloer ... baie bewus daarvan dat die slang dalk weer daar kon wees. 



In daardie oomblik het my Vader met my gepraat: “Moenie bang wees nie. Wees net waaksaam en bewus van jou omgewing.”  



Daardie klein groen slangetjie is soos ons geestelike vyand, die duiwel! Ons lees in 1 Petrus 5 dat hy: "loop rond soos 'n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind." Sy doel is om ons te intimideer, om vrees en verwoesting te saai, en sy finale oorwinning is om ons gees dood te maak. Hy is 'n leuenaar, 'n beskuldiger en 'n bedrieër. Maar, luister hierna: die duiwel het slegs die krag wat ons hom toelaat. Hy is regtig net 'n klein groen slangetjie wat voorgee om 'n reuse, giftige kobra te wees, en wat voordeel trek, enige tyd wat ons nie op ons hoede is nie.



Trek dus jou wapenrusting aan! Trek jou handskoene aan! Ons moet op hom bedag wees. Ons moet rustig raak en versigtig leef, bewus daarvan dat hy daar is. Die meeste van alles moet ons onthou dat hy geen mag oor ons het nie tensy ons aan ons vrese toegee. 



Daardie somer toe ek boontjies gepluk het (met handskoene aan), het ek af en toe daardie klein groen slangetjie in die ranke versteek gesien. Ek sou 'n tree terug gee en diep asemhaal, maar dan aangaan om te doen wat ek moes doen. Waaksaam. Bewus van my omgewing, maar onbevrees. 



Verhoed jou vrese jou om vorentoe te beweeg? Gee jy jou krag aan die vyand? Staan sterk en hou vas aan jou geloof!


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Lessons From My Garden

Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid