Leesplan inligting

Lesse Uit My TuinVoorbeeld

Lessons From My Garden

DAG 1 VAN 12

Die Begin



Dit het alles in 'n tuin begin — 'n weelderige oppervlakte, oorvloedig met manjifieke plante, bome en blomme. Eden. Verbeel jou dat jy daar is, met die bedwelmende geure van orgideë, rose, en katjiepiering. Helderkleurige blare en bloeisels omring jou. Eksotiese vrugte en groente is jou voeding, altyd ryp en gereed om te eet, gewas deur die mis van 'n tuimelende waterval. Soet voëlgesang vermeng met die goue warmte van die Vader se liefde. Siekte, vernietiging of teleurstelling is afwesig, want dit is die volmaakte plek. Die paradys! 'n Plek waarna ons harte smag en begeer. 



Hierdie eerste tuin, die woonplek van God, is een rede waarom tuinmaak so innig tot my hart spreek. Ek hou daarvan om buite te wees in 'n wye oop ruimte met die warm gloed van sonskyn op my vel. Die voëlgesang, die vars reuk van leemgrond, die skoonheid van kleurvolle blomme en groente, en die belofte van groei en lewe bring aan my vreugde. 



Die stuk grond wat ek bewerk is beslis geen paradys. Tog is dit die spesiale plek waar ek daagliks my Vader ontmoet, dieselfde Een wat 'n verhouding met die mensdom begin het, gewandel en gesels het in daardie eerste, volmaakte tuin. 



My tuin is 'n plek waar Hy met my praat wanneer daar terselfdertyd pêrels sweet op my voorkop vorm as gevolg van spit, saai, en wag vir groei. Deur al die wag, water gee, en wonder het Hy my soveel geleer van sy weë en my hart. 



Uit baie jare se oefening en waarneming hoor ek sy fluistering terwyl ek met verwagting luister, want dit is 'n tyd wat saam deurgebring word sodat verhoudings kan groei.



As die koelte van die oggend vervaag, verlaat ek my toevlugsoord met gevlekte handskoene en seer knieë. Ek kan nou die res van my dag binnegaan, wat dit ook al bring, met 'n vol hart en 'n tikkie van sy heerlikheid, want ek het die Meester Tuinier ontmoet.



Hy sal altyd met jou praat waar jy Hom ook al ontmoet. Luister jy met verwagting?



Reis saam met my oor die volgende paar dae terwyl ek 'n paar insigte uit my ervarings van tuinmaak met jou deel. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Lessons From My Garden

Plante en wingerde, water en grond — soveel analogieë wat in die Woord van God gebruik word, omsluit tuinmaak- en boerderypraktyke in wat parallelle vir ons lewens en harte bied. Kom sluit aan by Robin terwyl sy van haar...

More

Ons wil graag Robin Meadows bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asb: http://www.instagram.com/manymeadows

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid